Japan help ná droogte en vloede

Die sewe streke wat die afgelope jare onder genadelose weer gebuk gaan, staar heelwat uitdagings in die gesig.
Estelle de Bruyn
'n Projek om gesondheidstelsels te implementeer vir kinders en hul families wat deur droogte en vloede geraak word, is onlangs in Namibië van stapel gestuur.

Die projek sal oor verskeie sektore in die sewe noordelike streke van Namibië strek.

Japan se regering het altesaam US$800 000 (ongeveer N$9,5 miljoen) vir dié projek beskikbaar gestel.

Die projek word in samewerking met die Namibiese en Japannese regerings en die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) in Namibië in werking gestel en bestuur.

Die sewe streke wat by die projek sal baat, is Kavango-Oos, Ohangwena, Omusati, Oshana, Kunene en Zambezi.

Dié streke het die afgelope jare herhaaldelik onder droogte en vloede gebuk gegaan.

Die bekendstelling van die projek is bygewoon deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, die adjunk­minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna ­Nghipondoka, die ­adjunkminister van ­binnelandse sake, me. Maureen Hinda, Japan se ambassa­deur in Namibië, mnr. ­Hideyuki ­Sakamoto, Unicef se verteenwoordiger in Namibië, me. Rachel Odede en ander hooggeplaastes. ___

By die geleentheid het Haufiku sy waardering teenoor Japan vir sy bydrae tot die land en sy mense uitgespreek.

Hy het bygevoeg die projek kom op die regte tyd, aangesien die regering tans besig is met die implementering van ­nasionale ontwikkelingsprogramme, die Harambee-welvaartsplan en om Visie 2030 se doelstellings te bereik.

Hy het gewaarsku daar lê vir Namibië opnuut uitdagings voor, omdat die voorspelde reën nog nie ontvang is nie.

Die minister het Unicef bedank vir hul betrokkenheid by en ondersteuning van die regering.

Hy het klem geplaas daarop dat al die betrokke partye die geld op 'n ­doeltreffende en doelmatige manier moet aanwend.

Odede het gesê Japan se ­finansiering sal die merkwaardige werk wat die ­Namibiese regering reeds doen, komplementeer om families wat deur ­droogtes en vloede geraak word, by te staan.

Sy het ook daarop gewys dat spanwerk die beste resultate lewer.

Sakamoto het gesê Japan se regering het besluit om die Namibiese regering, in vennootskap met Unicef, by te staan om die groot gaping op die gebiede van ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te help uitwis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!