Jazzklanke weergalm in Namibië
Die Duitse ambassade in Windhoek bied vandeesmaand twee jazzkonserte deur die Anke Helfrich Jazz Duo in Namibië aan – een in Windhoek en een op Swakopmund.
Die eerste van die twee konserte vind op Saterdag 18 September by die Haus der Jugend op Swakopmund plaas en begin om 19:00.
Die Windhoek-konsert vind op Dinsdag 21 September by die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) plaas en begin ook om 19:00.
Slegs 100 mense kan by elke konsert geakkommodeer word.
DIE KUNSTENAARS
Die pianis Anke Helfrich het in Namibië én Duitsland grootgeword, en is nou een van die bekendste vroulike jazzmusikante in Duitsland.
Nadat sy in Nederland en die VSA gestudeer het, het sy haar eie trio gestig, verskeie CD's opgeneem en talle pryse gewen, waaronder die ECHO-prys in die jazzkategorie “Instrumentalist of the Year Piano/Keyboards national” in 2016 en die Hessian Jazz Prize in 2017.
Die Australiese trombonis, komponis en didgeridoo-speler Adrian Mears is as die beste trombonis in Australië aangewys en vir sy komposisies vereer. Hy het die toekenning vir Beste Australiese Orkes met sy jazz-kwintet Free Spirits gewen. Ná hy sy studies in New York voltooi het, het hy na Europa verhuis.
Vir meer inligting kontak 061 273 112.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie