JC en sy mense veg teen oormag
JC en sy mense veg teen oormag

JC en sy mense veg teen oormag

Yolanda Nel
Yolanda Nel - Nadat hy vir die beter deel van 2019 in en uit die hospitaal was, het JC Nolte uiteindelik ’n diagnose ontvang: kanker.

Volgens sy suster, Michelle Nolte, vermoed dokters hy kon al jare lank kanker gehad het, te oordeel aan die grootte van die gewas wat later verwyder is.

Aan die begin van die jaar het ’n dokter die 25-jarige JC na ’n spesialis verwys. Ná ’n CT-skandering en biopsie het JC eers agt siklusse van chemoterapie oor twee maande ondergaan.

“Ongelukkig was die behandeling onsuksesvol,” vertel Michelle. Haar broer moes ook in Mei ’n intensiewe operasie ondergaan.

JC ontvang tans ’n spesiale chemoterapiebehandeling wat oor sewe maande strek. Elke tien dae ondergaan hy chemoterapie vir 72 uur op ’n slag.

Die Pnet / Ewing-sarkoom is ’n seldsame kankersoort en word slegs aangetref onder jongmense tussen die ouderdomme van 10 tot 20 jaar.

Met ’n passie vir bewaring, landbou en die omgewing, moes JC sy werk as toergids prysgee. Hy is sedert Juliemaand in die hospitaal en ontvang bloedoortappings, aangesien sy bloed te dun is sy bloedtelling te laag is.

Sy gesin is sy ondersteuningstelsel en doen hul bes om konstant aan sy sy te wees.

“Dit is ’n emosionele ervaring en dit is moeilik om iemand vir wie jy liefhet so te sien ly,” sê Michelle hartseer. “Ons moet sterk wees as ons sien hy wil moed opgee.”

Die hospitaalrekeninge is besig om op te hoop en volgens Michelle sal enige finansiële bydrae ’n groot verskil maak. “Ons verkoop tans T-hemde en gesigmaskers om geld in te samel om die rekeninge te betaal,” het sy gesê.

Vir meer inligting, besoek die JC Nolte Cancer Collection Fund op Facebook of stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!