Jemen: Tien kinders sterf in lugaanval op skool
Jemen: Tien kinders sterf in lugaanval op skool

Jemen: Tien kinders sterf in lugaanval op skool

Verdere 28 ­gewond
Ronelle Rademeyer
’n Saoedi-geleide lugaanval op ’n skool in die rebelbeheerde provinsie van Jemen het die dood van tien leerlinge veroorsaak en kommer laat opvlam oor die toename in burgerlike sterftes in die 17 maande lange burgeroorlog in dié land, het hulpverleningsagentskappe gister gesê.
’n Verdere 28 kinders is in die aanval gewond wat Saterdag in die dorp Haydan in die Saada-provinsie uitgevoer is, sê Dokters Sonder Grense (MSF). Die aanval is deur die Verenigde Nasies (VN) bevestig.
Die koalisie van Arabiese state onder aanvoering van Saoedi-Arabië veg sedert Maart 2015 teen die Iran-gesteunde rebelle nadat hulle die hoofstad van Sanaa ingeneem en hul magsbasis na ander dele van die land uitgebrei het.
Sowat tien dae gelede het die koalisie toegegee daar was “tekortkomige” in twee van die agt gevalle van aanvalle op burgerlike teikens in Jemen.
“Dokters Sonder Grense het 10 liggame en 28 beseerde kinders, almal onder die ouderdom van 15 jaar, ontvang wat slagoffers is van die lugaanval op die skool in Hayden,” het woordvoerder Malak Shaher aan AFP gesê.
Die beseerdes is opgeneem in ’n veldhospitaal naby die skool voordat hulle na ’n openbare hospitaal oorgeplaas is, het sy gesê.
“Ons eis dat alle partye die nodige maatreëls sal tref wat nodig is om burgerlikes te beskerm,” het Shaher verder gesê.
Die VN se agentskap vir kinders, Unicef, het ook die aanval veroordeel en gewaarku dat die toename in geweld in die land in die afgelope week die aantal kinders wat gesterf het en beseer is, skerp laat toeneem het.
Die rebelle het foto’s en video’s van dooie en bebloede kinders, toegedraai in komberse, op Facebook geplaas.
Hoethi-woordvoerder Mohammed Abdul Salam het gesê vegvliegtuie het kinders by die Jomaa bin Fadhel skool geteiken, in wat hy as ’n “afskuwelike misdaad” beskryf het.
Die Saoediese nuusagent­skap het aangevoer die koalisie se vegvliegtuie het Saterdag ’n “Hoethi-opleidingsentrum” in Saada ingeval en verskeie rebelle-insypelaars insluitend ’n leier, Yehya Munassar Abu Rabua, doodgemaak.
Die Arabiese koalisie het op 26 Maart 2015 oorlog teen die Hoethi-rebelle verklaar.
Saoedi-Arabië het hewig gereageer op ’n besluit in Junie vanjaar om die koalisie te swartlys nadat ’n VN-ondersoek bevind het die Arabiese koalisie is vir 60% van die 785 kindersterftes verlede jaar in Jemen verantwoordelik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!