Jeugkonferensie oor ontwikkeling gehou
Die Europese Unie (EU) in samewerking met die Nasionale Jeugraad, die Hanns Seidel-stigting, AIESEC, Duitse Tegniese Samewerking (GTZ) en die Franko-Namibiese Kultuursentrum het gister 'n konferensie oor geleenthede vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling vir die jeug in Namibië aangebied.
Dit het by die Franko-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek plaasgevind.
Volgens 'n verklaring van die EU was die doel van die konferensie om jeuggroepe uit verskillende agtergronde byeen te bring om hul aspirasies, uitdagings en aanbevelings oor onderwerpe soos jeug-entrepreneurskap, werkskepping en onderwys te bespreek.
Die konferensie het voortgebou op vorige konferensies soos die Nasionale Jeugontwikkeling-seminaar, wat in September 2016 onder die tema “Plaas die jeug in die hart van ontwikkeling” aangebied is.
Nog 'n oogmerk van die konferensie was om te verseker dat die stemme van die Namibiese jeug gehoor word by die Afrika-unie- en EU-spitsberaad wat van 29 tot 30 November in Abidjan aangebied word.
Die hoofsprekers by die geleentheid was die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die EU- en Duitse ambassadeur asook die uitvoerende voorsitter van die Nasionale Jeugraad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie