Jong aktivis toon misnoeu00eb met Egiptiese hof
Jong aktivis toon misnoeu00eb met Egiptiese hof

Jong aktivis toon misnoeë met Egiptiese hof

Jo-Mare Duddy Booysen
Die Egiptiese aktivis, Sanaa Seif, het besluit sy het genoeg van Egipte se regstelsel gehad.
Toe die 22-jarige vir ondervraging na die hof geroep is op klagtes dat sy betogings aangehits het, het sy geweier om vrae van die ondersoekende regter te antwoord. Sy het hom meegedeel dat sy nie aan die “klugspel” sou deelneem nie en die hof en aanklaers daarvan be­skuldig dat hulle net die wil van die regering uitvoer.
Uit die veld geslaan het die ondersoekbeampte haar nie van aanhitsing aangekla nie, maar haar aangekla omdat sy ’n ­regeringsbeampe beledig het toe hy sy pligte ­uitgevoer het.
Seif is binne dae verhoor en tot ses maande gevangenisstraf gevonnis. Sy weier om appel aan te teken teen die vonnis.
Sy het haar op 14 Mei aan die owerhede oorgegee en dien nou haar vonnis in ’n gevangenis buite Kaïro uit.
“Dit is nie ’n daad van bravade nie. Om tronk toe te gaan, is nie maklik nie en ek weet dit,” het sy op haar Facebook-blad geskryf voordat sy haarself oorgegee het.
Haar ongewone protes spreek van die diepe frustrasie onder Egipte se pro-demokrasie aktiviste wat die opstand in 2011 gelei het om die langdienende outokraat, Hosni Moebarak, uit die kussings te lig. Vyf jaar later sê hulle die regering van pres. Abdel-Fattah el-Sissi het meegebring dat die stelsel steeds teen hulle gekant is.
In die media word die herinnerige van die 2011 “rewolusie” verswyg en vervang met wat die owerhede die 2013 “rewolusie” noem, waarin die weermag onder leiding van El-Sissi, die eerste demokraties verkose president, die Islamitiese Mohammed Morsi, onttroon het ná massiewe protesoptrede teen hom en sy Moslem Broederskap. El-Sissi is byna ’n jaar later as president verkies.
El-Sissi hou vol dat die regsbank onafhanklik is, maar onder druk van die regering volg die regsstelsel grootliks die rigting van die veiligheidsmagte.
Seif, ’n rolprent vervaardiger wat aan The Square, ’n 2013 Oscar-benoemde dokumentêre program gewerk het, kom uit een van Egipte se bekendste aktiviste families. Haar pa, Ahmed Seif al-Islam, wat in 2014 oorlede is, was ’n welbekende menseregte regsgeleerde. Haar ma, Leila Soueif, ’n wiskundige, is ’n prominente voorstaander van akademiese onafhanklikheid.
Seif se ouer broer, Alaa Abdel-Fattah, is ’n ikoniese figuur in Egipte se pro-demokrasie-beweging. Hy dien ’n vyf jaar vonnis uit vir sy deelname in die 2013-betogings. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!