Jongste bekroonde Italiaanse rolprente hiér te sien
Fliekvlooie kan uitsien daarna om 11 van die jongste Italiaanse rolprente op die 21ste Italiaanse rolprentfees te sien. Die Italian Film Focus-fees vind vanjaar van 25 tot 30 Maart aanlyn plaas.
Al 11 van die rolprente het goed gevaar op internasionale feeste vanjaar en verlede jaar. Daar is ook ’n vertoning van Federico Fellini se gewilde Giulietta degli spiriti (Juliet of the Spirits). Fellini, wat drie keer met ’n Oscar bekroon is, is vanjaar ’n 100 jaar gelede gebore.
Fliekvlooie van Suid-Afrika, Namibië, Zambië en Zimbabwe kan inskakel op die platform www.cinekit. om hul kaartjies te bespreek. Die eerste 1 000 kaartjies wat bespreek word, is gratis. Vier rolprente word deur hul regisseurs bekend gestel en agterna met die gehoor bespreek.
DIE ROLPRENTE IS:
• Die fees open op 25 Maart om 18:00 met die bekroonde Volevo Nascondermi (Hidden Away) van die regisseur Giorgio Diritti. Die biografiese rolprent handel oor die Italiaanse kunstenaar Antonio Ligabue, wat ’n eenkantlewe gelei het en sy lewe lank gestry het teen ’n geestesiekte. Vir sy vertolking in die rolprent het die Italiaanse akteur Elio Germano die prys as beste akteur op vanjaar se Berlynse rolprentfees ontvang. Diritti sal die rolprent bekend stel en ná die vertoning deelneem aan ’n vraag-en-antwoord-sessie.
• Op Vrydag 26 Maart om 18:00 is die regisseur Mauro Mancini aan die woord oor sy rolprent Non odiare (Thou Shalt not Hate). Dit handel oor die seun van ’n oorlewende van die Jodeslagting wat weier om ’n slagoffer te help ná ’n motorongeluk. Hy begin twyfel oor sy daad. Dit is ’n verhaal van straf, vergelding, waar daar ’n verwarring intree oor wie die slagoffer en wie die moordenaar is. Alessandro Gassmann vertolk die hoofrol.
• Die regisseur Guido Lombardi praat op 27 Maart om 18:00 oor sy rolprent Il Ladro di giorni (Stolen Days). ’n Pa en die jong seun waarvan hy vervreemd is, leer mekaar op ’n padlangse reis beter ken. Die pa is ’n dwelmhandelaar en sy seun word getuie van dié harde en gevaarlike lewe, tog is daar oomblikke waar die pa en seun mekaar vind. Riccardo Scamarcio vertolk die hoofrol.
• Figli (Kids) se regisseur Giuseppe Bonito is op 28 Maart om 18:00 aan die woord oor sy rolprent. Dit is ’n komedie oor ’n paartjie wie se besige lewe effe ontspoor met die koms van hul tweede kind. Dit blyk dat nie een van die kinderoppassers wat hulle vir die pos wil huur, werklik vir die werk geskik is nie.
ANDER ROLPRENTE WAT WYS, IS:
• Die biografiese drama Hammamet van die regisseur Gianni Amelio, fokus op die laaste jare van Bettino Craxi (1934 tot 2000), ’n Italiaanse politikus en eertydse eerste minister van Italië. Craxi het die laaste jare van sy lewe in Tunisië in die dorp Hammamet deurgebring om tronkstraf vir korrupsie vry te spring. Die rol van Craxi word vertolk deur Pierfrancesco Favino. Hy het die Volpi-prys op die Venesiese rolprentfees ontvang vir sy vertolking.
• Die dramatiese, biografiese rolprent Mrs Marx fokus op die lewe van Eleanor, die jongste dogter van die Duitse filosoof en revolusionêr Karl Marx. Sy is een van die eerste vroue om nie net vir die regte van werkers te veg nie, maar ook vir vroue. Die skrywer en regisseur is Susanna Nicchiarelli. Die rolprent is in Engels.
• Die akteur Clive Owen en Jasmine Trinca is in die hoofrolle te sien in die romantiese liefdesdrama Guida romantica a posti perduti (Romantic Guide to Lost Places). Dit handel oor twee mense wat toevallig ontmoet en saam op ’n reis vertrek. Albei is buitestanders wat gedurende die reis aanklank vind by mekaar. Die regisseur is Giorgia Farina.
• Cosa sarà (Everything’s Gonna be Alright) handel oor Bruno, ’n rolprentmaker wat onlangs van sy vrou geskei is en van sy kinders vervreem is. Sy rolprente vorder nie te waffers nie en dan ontdek hy dat hy leukemie het. Die skrywer en regisseur is Francesco Bruni.
• Burraco fatale (Ace of Hearts) is ’n komiese liefdesverhaal wat op ’n klein Italiaanse dorpie afspeel en fokus op ’n paar vrouekarakters wat na liefde soek. Die regisseur is Giuliana Gamba en van Italië se topaktrises is daarin te sien.
• Odio l’estate (I Hate Summer) is ’n lekkerlagkomedie deur die regisseur Massimo Venier, wat drie families volg wat baie verskillend van mekaar is wat op vakansie na Puglia gaan. Daar aangekom, besef hulle dat hulle dieselfde huis moet deel.
• Fuori era primavera (It Was Spring Outside) van die regisseur Gabriele Salvatores (wat in 1992 die Oscar gewen het vir Mediterraneo) is ’n dokumentêr oor hoe Italianers die streng inperking van 2020 deurleef het. Die rolprent toon pragtige, dog dolleë pleine en strate, moeë Italiaanse gesondheidswerkers in hospitaalsale, mense op balkonne wat feesvier, mense besig om hul kinders skool te gee, ensomeer. Dit skets ’n portret van Italië soos dit nou is.
Die rolprente kan op die webblad cinekit.it/italian-filmfocus-in-southern-africa gekyk word. Besprekings, inligting oor die rolprente en die program kan ook daar gekry word.
Besprekings open op vandag om 10:00. Kaartjies kos US$3,50. Kykers moet die land kies van waar hulle inskakel. Die pakket sluit al 12 rolprente vir vyf dae in. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie