Junias kry borg en groen lig vir reis
Boks
Limba Mupetami – Die bokser en Olimpiese kwalifiseerder Jonas Junias het toestemming om te mag reis, nadat borgtog vir N$5 000 gister in die Swakopmund-landdroshof toegestaan is.
Jonas, die 2018 Statebondspele-kampioen in sy gewigsklas, was in aanhouding vandat hy op 15 April in Mondesa op sy tuisdorp Swakopmund in hegtenis geneem is op aanklag van die aanranding en poging tot moord op ’n polisiebeampte.
Die 27-jarige bokser is ook daarvan aangekla dat hy by twee verskillende geleenthede dieselfde aand verskeie polisiebeamptes aangerand het, wat hom probeer arresteer het vir die beweerde verontagsaming van aandklokreëls.
Jonas is geskeduleer om op 2 Augustus weer in die hof te verskyn. Dié hofdatum bots egter met die tydperk waarin hy veronderstel is om die land by die Olimpiese Spele in Tokio, Japan, verteenwoordig, wat van 23 Julie tot 8 Augustus duur.
Sy afrigter, Albertus Tsamaseb, sê landdros Conchita Olivier het die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) opdrag gegee om in ’n brief die hof skriftelik in te lig oor die bokser se reisdatums en wanneer hy sal terugkeer. Op grond hiervan kan herskedulering van sy volgende hofverskyning toegestaan word.
Tsamaseb het bygevoeg dat Junias ook die groen lig verkry het om na die VSA en Kuba te reis vir ’n oefenkamp van vier weke in die opbou na die Spele.
Die NNOK se president en sekretaris-generaal, mnr. Abner Xoagub en me. Joan Smit, was gister saam op hul terugreis uit Kaïro waar hulle ’n vergadering van die die Vereniging van Olimpiese Komitees in Afrika (Anoca) bygewoon het en was dus nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie