Jy is wat jy eet
Kos verdien meer respek
Dr. Kobus Laubscher - “Moenie kla met ‘n mond vol kos nie” is dalk vir baie ‘n té uitdagende slagspreuk, maar die kern daarvan is ‘n versugting vir groter waardering vir kos.
Daar is uiteraard miljoene mense wat maar té dankbaar is as hulle wel iets te ete kry – ‘n geraamde 821 miljoen mense wêreldwyd is daagliks sonder kos, terwyl tot een derde van alle voedsel onverbruik verlore gaan.
In die geval van groente en vrugte is dit amper die helfte (45%) van kos wat verlore gaan – aldus die Verenigde Nasies se landbou- en voedselorganisasie (FAO).
Enige vermorsde kos beteken verliese oor ‘n baie wyer spektrum. In die eerste plek is insette verspil; dit vat gemiddeld 50 liter water om een lemoen te lewer, terwyl dit gemiddeld 13 liter water neem om een tamatie te lewer.
As dit by kos kom, gaan dit ook nie nét oor voedingswaarde nie – daarvan getuig die goeie gevoel van samesyn met vriende om ‘n maaltyd.
Almal hou van kos, maar volgens die FAO is onvoldoende respek vir kos en waarvandaan dit kom eerder die norm.
FAO-RIGLYNE
In die lig hiervan en as deel van vanjaar se Wêreldvoedseldag het die FAO ses eenvoudige riglyne bekend gestel wat hopelik groter respek vir voedsel teweeg sal bring.
Eerstens behoort verbruikers daarop te fokus om minder met kos te mors.
Koop net wat nodig is en moenie sogenaamde “lelike” vrugte of groente miskyk nie. ‘n Krom wortel verskil nie van die reguit een in terme van voedingswaarde nie. Baie, dalk té veel kleinhandelaars keur sulke produkte af omdat die verbruiker kwansuis nie daarvan sal hou nie.
Die tragiese werklikheid is dat te veel “krom” wortels, vrugte en groente, dan eindelik vir diere gevoer word of sommer net in die asblik beland. Kos wat die winkelrak verlaat, word meestal geëet – indien dit vermors word, is dit gewoonlik omdat daar nie na behore omgesien is na aspekte soos behoorlike berging en verkoeling nie.
In die tweede plek is dit belangrik om plaaslike produsente te ondersteun. Kokke kry toekennings, maar kom sulke eer nie eintlik die boere toe nie? Hulle is die werklike helde en verdien meer erkenning en ondersteuning. Verbruikers behoort hulle beter te leer ken, want die boontjie wat mooi lyk en lekker smaak, kom van ‘n plaas af.
Waardering vir wat boere vermag, is dus belangrik. Volgens die FAO is landbouproduksie eintlik ‘n kuns – hulpbronne en insette word in iets op ’n bord omskep.
‘n Eetbare komkommer behels ‘n omvattende proses met baie rolspelers, en hul betrokkenheid begin reeds voor planttyd, deur die groeiproses, die oes en uiteindelik die eet daarvan.
Daar is al baie verwys na die belangrike rol van heuningbye en ander bestuiwers in voedselsekerheid, maar ook na die onverskilligheid teenoor dié diertjies.
Kos is ‘n kunswerk en behoort dienooreenkomstig gerespekteer te word.
Vierdens word verbruikers gemaan om gesonder eetgewoontes te hê.
Kos bied wat die liggaam nodig het in terme van energie en goeie gesondheid. ‘n Oormaat kos is tans amper ’n groter bedreiging as hongersnood, want die aantal mense wat wêreldwyd onder die ellendes van vetsug gebuk gaan, styg té skerp.
Daar is tans ‘n hele aantal lande op die vasteland suid van die Sahara waar vetsug en hongersnood dié wat ‘n gesondheidstrategie moet ontwikkel en implementeer, terselfdertyd hoofbrekens besorg.
Die FAO sê in die vyfde plek is kennis mag, en die organisasie pleit vir ‘n ommekeer ten opsigte van kennis oor waar kos vandaan kom. By geleentheid is kinders in Soweto gevra oor die oorsprong van melk, en die hartseer is dat baie aangedui het hulle gaan voortaan nie meer melk drink nie, omdat dit van koeie af kom.
Tegnologiese ontwikkeling kan die verbruiker ook verwar, want wie sou kon dink dat die heerlikste poedingperske in ‘n yskoue Julie met behulp van tegnologie van die noordelike halfrond af na die suidelike halfrond kon kom?
Seisoenale verbruik van kos is ideaal, maar balans is nodig. Appels is danksy tegnologie enige tyd van die jaar beskikbaar – en dit kan die dokter laat wag!
Eet, as ‘n ervaring, moet nuwe staanplek kry. Kos bring mense saam en die jongste neiging onder koskenners is om die voorbereiding en eet daarvan sentraal tot samesyn in gesinne en gemeenskappe te maak.
Daardeur kry kos die respek wat dit verdien van almal wat saamwerk om dit op die tafel te sit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie