Kaapse geroesmoes sal Blitse nie weer pootjie
Rugby
Francois de Wet
Ná verskeie seisoene en toernooie saam weet die Blitsbokke al hoe om gefokus te bly in 'n week waar hulle moet bontstaan om aan hul ondersteuners en die media se verwagtinge te voldoen.
Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan, wat vandeesweek voor sy tuisskare in die Kaapstad-toernooi speel, is danksy sy Wêreldreeks-titel verlede seisoen en sy oorwinning verlede week in Doebai kwaai in die kollig.
Sedert die Blitsbokke uit die Verenigde Arabiese Emirate teruggekeer het, moes hulle tussendeur hul voorbereiding vir die naweek ook verskeie mediageleenthede bywoon en openbare verskynings maak.
Volgens een van die Blitsbok-helde, Seabelo Senatla, het dié span verlede jaar, nadat hy verlede jaar die Kaapstad-eindstryd teen Engeland verloor het, kajuitraad gehou oor hoe om vanjaar die week in die Moederstad te benader.
“Ons het in daardie vergadering vir onsself gesê ons het toegelaat dat die goed wat weg van die oefenveld af gebeur, ons negatief beïnvloed. Vanjaar wil ons alles omarm en probeer om onsself by elke geleentheid te geniet.
“Ons ondersteuners geniet wat ons op die veld doen en ons wil ook inspirasie put uit ons skakeling met hulle. Ons glo ons kan deur ons spel 'n verskil in mense se lewens maak, veral dié van die kinders.
“Ons weet hoe belangrik ons interaksie met die ondersteuners is, want dit is nie aldag dat hulle die geleentheid kry om ons te ontmoet nie.”
Volgens die Blitsbok-afrigter, Neil Powell, het sy groep spelers al geleer om gefokus te bly op hul doelwit om die toernooi te wen.
“Ek dink die manne is nou al volwasse genoeg om te weet dat hulle na die regte stemme moet luister en die geraas van buite moet afskakel. Die spelers verstaan ook wat hul verpligtinge weg van die speelveld is (veral ten opsigte van die media) en daarom maak dit nie so groot impak op ons voorbereiding vir die toernooi nie,” sê hy.
Vir Senatla is die Kaapstad-toernooi 'n groot mylpaal, want hy gaan in sy 35ste toernooi speel en sodoende sy volle kleure as Springbok-sewesspeler verdien.
“Dit het my nogal 'n lang ruk geneem om by dié mylpaal uit te kom. As ek nie 'n paar keer al vyftienman-rugby gespeel het nie, kon dit dalk al vroeër gebeur het.
“Maar dis 'n wonderlike voorreg en iets baie spesiaal om dit voor my tuisskare te kan doen. Dis een van daai drome wat nie met geld gekoop kan word nie.”
Senatla kan ook die eerste Suid-Afrikaner word wat 200 drieë in die Wêreldreeks druk. Sy 196 vyfpunters is reeds 'n SA rekord nadat hy verlede seisoen die Blitsbok-legende Fabian Juries se rekord verbeter het.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie