'Kaasmyn' by Omundudu skadeloos gestel
'Kaasmyn' by Omundudu skadeloos gestel

'Kaasmyn' by Omundudu skadeloos gestel

Elvira Hattingh
Nampol se springstofeenheid in die Ohangwenastreek het gister 'n sogenaamde kaasmyn, oftewel antitenk geskut wat by die Omundudu-nedersetting gevind is, skadeloos gestel.

Dit is reeds die afgelope Dinsdag in die veld deur inwoners van die nedersetting ontdek. ‘n Lid van Nampol se springstofeenheid, sers. Jason Ndaitavela, het aan Nampa gesê die landmyn is vir swaar voertuie bedoel.

“Die polisie ontvang gereeld oproepe oor geskut wat nie ontplof het nie uit die streek. Dit is die tweede ploftoestel wat binne vyf dae by die nedersetting ontdek is.

“Die eerste een is verlede week Donderdag ontdek en is ook deur die polisie skadeloos gestel,” het Ndaitavela aan Nampa gesê.

Sedert die einde van die vryheidstryd is ploftoestelle ook gereeld by die Okongo-kiesafdeling in die ooste van Ohangwena ontdek.
Hy het inwoners van die nedersetting asook elders gewaarsku om nie aan ploftoestelle te raak nie, maar dit by hul hoofmanne of streeksraad aan te meld, wat dan die polisie in kennis moet stel.

Intussen het mnr. Jason Ndakunda, die Ohangwena-streekraadslid vir die Engela-kiesafdeling waaronder Omundudu val, gesê hy vrees daar is meer ploftoestelle in die gebied. Hy het voorgestel die regering voer ’n opruimingsaksie uit.

“Antitenk geskut is ook in 2018 deur die polisie in die naburige Epundi-dorpie ontplof,” het Ndakunda gesê. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!