Kalender 11 Augustus

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Windhoek-mannekoor vier hierde jaar sy 110de herdenking met ’n spesiale konsert wat môre by SKW plaasvind. Kaartjies is by Laerskool Delta beskikbaar. Andrea Meyer is die kontakpersoon. Toegang beloop N$110 en die vertoning begin om 18:30. Dit is ’n geleentheid wat geen musiekliefhebber moet misloop nie.

» Die alombekende groenmark/biomark vind weer môre by die Stephanus-kerk in Dr. Kenneth Kaundastraat no. 3 plaas. Hierdie mark bestaan uit eg Namibiese suiwel- en vleisprodukte. Tuisgebak is ook volop. Die mark begin om 08:00 en is oop tot 11:30. Vir meer inligting, kontak vir Simone Lühl by 081 1700 458 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

» Die Nasionale Kunsgalery bied met trots die solo-uitstalling, Brothers in Arms, deur Silke Behens, aan. Die uitstalling gaan oor die effek wat oorlog op die mens gehad het. Hetsy dit fisies of emosioneel is. Die uitstalling duur tot 25 Augustus. Toegang is gratis.



Maandag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.

» Kerfees in Julie is ’n uitstalling wat deur die Lacheiner-familie en Ikhobs saamgestel is. Tradisionele kuns, Kerfeesdekor, speelgoed en geskenke vanuit Namibië en buurlande sal by die Omba-galery ten toon gestel word.



Woensdag

» Kunstenaars van die John Muafangejo-kunssentrum bied met trots die uitstalling, Whose role is it to educate the public about art?, aan. Hierdie uitstalling gaan oor die belangrikheid van kunsopvoeding as dit by die publiek kom. Onder meer is die werke van Wilka Mumangeni, John Kalunda, Tulina Nakashona, Trianus Nakale, Elizabeth Shinana en Uarika Tjiteere te sien. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die FNCC



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Wanneer trou jy? So 'n gepaste vraag indien iemand verloof is. Indien nie verskaf dit prima vermaak vir elkeen wat eg Afrikaanse komedie wil beleef. Mariette Loubser, komediant en skrywer van Wanneer trou jy?, vertel en sing haar eie komposisies oor vrae, flaters en "blind dates". Wanneer trou jy? wys Donderdag 17 Augustus om 20:00 by die Warehouse-teater in Windhoek. Kaartjies beloop N$120 en is beskikbaar by http://www.eventstoday.com.na.

Vrydag

» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!