Kalender 16 Feb

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang



» Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die Franko Namibiese Kultuursentrum (FNCC) se restaurant te sien is. As liggaamskilder, surrealistiese kunstenaar en student van die lewe probeer Sunya haar lewe deur haar kunswerke weergee, met temas wat dieper gaan as wat die oog kan sien. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Toegang is gratis.



» Wolfhunt is terug! Môre sal die eerste Wolfhunt van 2018 by die Wolfshack plaasvind. Die Wolfshack speel graag gasheer vir hierdie geleentheid en noem die vertoning ‘n “laat Valentynsdag” - 'n aand van musiek, drankies en goeie geselskap. Wakambi sal ’n gratis show doen - want die Wolfshack is lief vir jou. Kom maak 'n draai, bring jou vriende, jou ander helfte, jou vriende se ander helftes (hulle oordeel nie). Besoek die Wolfshack se Facebook-blad vir meer inligting.

» Vanjaar skop Out-Door-Cinema met ‘n buitelugvertoning van Sugar Babies en Imprisoned by Love by die International University of Management (IUM) se Dorado-kampus in Windhoek af. Kaartjies kos N$50 vooraf en N$70 by die hekke. Vir meer inligting, besoek Out-Door-Cinema se Facebook-blad.

Maandag

» Die FNCC bied met trots hul eerste fotografie-uitstalling vir die jaar aan. Namibia by Namibian photographers bestaan uit die werke van 15 Namibiese fotograwe. Onder meer word landskappe, diere, leefstyl- en allerlei fotografie ten toon gestel. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad of www.wherevent.com. Toegang is gratis. Die uitstalling duur tot 16 Februarie van 08:00 tot 17:00.

» The Elders Called It Medicine open vandag by die Omba-galery in Windhoek. Hierdie uitstalling bestaan uit die fotografiese afdrukke van Marita van Rooyen en lede van Ju/’Hoansi- en Topnaar-gemeenskap. Vir meer inligting, besoek www.namibiacraftcentre.com. Die uitstalling kan tot 28 Februarie besoek word.



Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die wêreldbekende pianis Simon Ghriachy tree vanaand vir die eerste keer in Namibië op. Hierdie vertoning is deel van sy Afrikatoer wat hom ook na Angola en Kenia neem. Simon is ‘n Franse painis met Mexikaanse en Libanese wortels. Sy onberispelike smaak en charismatiese persoonlikheid is wat hom so gewild maak. Simon se openbare vertoning vind by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) plaas. Kaartjies is by Computicket of by die NTN teen N$150 beskikbaar.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke van die Namibia Arts Association en die Nasionale Kunsgalery se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.

» Die Warehouse-teater bied vandag Standup Comedy Nights met die Suid-Afrikaanse komediant Al Prodgers en Slick Tha Dick aan. Hierdie show behels twee ure se pret en plesier. Moenie hierdie twee briljante komediante misloop nie. Kaartjies is teen N$150 vooraf by www.eventstoday.com.na of teen N$200 by die deure beskikbaar.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

» Die Namibiese skilder Barbara Böhlke se solo-uitstalling, Shifting Horizons, open vandag om 18:00 by die StArt Art-galery. Die uitstalling sal Böhlke se vyfde solo-uitstalling wees en bestaan uit groot en klein skilderye wat met natuurlike pigmente soos Otjize (bekend onder die Ovahimbas as ‘n mengsel van vet en oker) en houtskool geskep is. Shifting Horizons sal tot 8 Maart by die StArt Art-galery voortduur.



» ’n Fotografie-uitstalling vier die transformatiewe werk van die Cardiff-universiteit in Namibië. Baanbrekerwerk om gesondheid te verbeter en armoede in Namibië te verlig sal die fokus van hierdie nuwe uitstalling wees.

Die Phoenix-projek, ’n vennootskap tussen Cardiff-universiteit in Wallis en die Universiteit van Namibië (Unam) het ’n beduidende impak op die land sedert sy bekendstelling in 2014 gehad. Die uitstalling is tans by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) te sien en sal tot 18 Februarie duur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!