Kalender 23 Februarie
Nou aan die gang
» Sluit vanaand aan by die Franko-Namibiese kultuursentrum (FNCC) se eerste weergawe van Acoustic Fridays vir vanjaar met die energieke Priscilla the Desert Queen! Haar debuutenkelsnit "Malva Pudding" was 'n klinkende treffer en is gevolg deur haar debuutalbum in Julie 2016. Die show begin om 19:00 en kaartjies is by die deur beskikbaar. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.
» Die FNB Rock n Run is elke jaar ‘n groot treffer op die Namibiese vermaakkalender. Vanjaar se geleentheid beloof om weer ‘n heerlike gesinsuitstappie te wees. Die FNB Rock ‘n Run vind môre om 12:00 by Trustco United se sportgronde plaas. Vir meer inligting, besoek www.whatsonnamibia.com of FNB Rock n Run se Facebook-blad.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots ‘n groepuitstalling aan, getiteld BOOTH. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne ‘n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte grense uit te daag. Kunstenaars kry ‘n ruimte van 2 x 2 m om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.
» Die Lagoonpark-familiemark op Walvisbaai sal vanjaar nog vyf wonderlike markte aanbied en sal op die laaste Sondag van elke tweede maand plaasvind. Die eerste een sal op Sondag 25 Februarie van 09:00 tot 13:00 plaasvind. By die mark sal lieflike musiek, heerlike kos, topvermaak en handgemaakte goedere beskikbaar wees. Besoek www.whatsonnamibia.com vir meer inligting.
Maandag
» The Elders Called It Medicine open vandag by die Omba-galery in Windhoek. Hierdie uitstalling bestaan uit die fotografiese afdrukke van Marita van Rooyen, lede van die Ju/’Hoansi- en Topnaar-gemeenskap. Vir meer inligting, besoek www.namibiacraftcentre.com. Die uitstalling kan tot 28 Februarie besoek word.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die FNCC-restaurant te sien is. As 'n lyfskilder, surrealistiese kunstenaar en 'n student van die lewe probeer Sunya haar gedagtes oor haar lewe deur haar kunswerke weergee. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Toegang is gratis.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die NAGN bied Textiles and Textures aan. Dié uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Dit begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
» Die Namibiese skilder Barbara Böhlke se solo-uitstalling, Shifting Horizons, open vandag om 18:00 by die StArt Art-galery. Die uitstalling sal Böhlke se vyfde solo-uitstalling wees en bestaan uit groot en klein skilderye wat met natuurlike pigmente soos Otjize (bekende onder die Ovahimbas as ‘n mengsel van vet en oker) en houtskool geskep is. Shifting Horizons sal tot 8 Maart by StArt Art-galery voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie