Kalender 26 Mei
Nou aan die gang
» Kom ervaar vandag Paul Godard se kunstige fotografiese interpretasie van Namibië se asemrowende landskappe, geïnspireer deur die wilde perde van die Namibwoestyn en die talle suksesstories oor volhoubare toerisme vanoor die hele land. Sien Namibië soos nog nooit vantevore nie deur Paul se grootformaat werke (van tot selfs 1,2 m by 2,4 m) by die Nasionale Kunsgalery van Namibië in sy uitstalling Change Your Perspective wat vandag open en te sien is tot 10 Junie. Die uitstalling kan van 08:00 tot 17:00 gesien word. Aanvaar hierdie uitnodiging om jou perspektief aangaande ons interaksie met die omgewing en sy mense te verander. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste.
» Die Windhoek Poetry Festival vind vandag en môre by die Goethe Institut plaas. Vandag se program begin om 19:00 en die toegangsfooi is N$50. Môre se verrigtinge begin ook om 19:00 en die toegangsfooi is N$70. Studente kry N$10 afslag. Hierdie fees sluit in toesprake, musiekvertonings, digkunswerkswinkels, 'n mark en meer as genoeg om te eet en drink. Besoek die Goethe Institut se webwerf vir meer besonderhede.
Maandag
» Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging bied van 18:00 tot 21:00 'n tweedehandse boekverkoping aan. Belangstellendes kan op drie maniere betrokke raak by hierdie projek: Verkoop jou ou boeke by 'n stalletjie wat te huur is teen N$100, woon die verkoping en geselligheid by of skenk ou boeke aan The City Revealed voor hierdie aangeleentheid. Om meer uit te vind oor hoe om by hierdie projek betrokke te raak, stuur 'n e-pos aan [email protected].
Dinsdag
» Lize Ehlers is weer op die Warehouse-teater se verhoog te sien as Sunny van die Suide. Lize vertolk die rol van 'n 42-jarige vrou en ma. Sunny vertel haar storie van liefde, avontuur en passie. Geniet die skreeusnaakse reis deur haar alledaagse lewe. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies is by die deur teen N$150 beskikbaar.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou aan tot laataand. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» The Loft by die Warehouse bied elke Donderdag ’n jazz-musiekaand aan. Dit begin om 16:00 en hou tot laataand aan. Toegang voor 19:00 is gratis en daarna is dit N$30. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt-restaurant beskikbaar.
» Die The City - Becoming and Decaying is vandag nog by die Nasionale Kunsgalery van Namibië te sien. Dié uitstalling het al dwarsoor die wêreld gereis en bestaan uit ’n versameling van 18 fotografiese werke oor die groot stede van die wêreld. Die uitstalling duur tot 29 April. Toegang is gratis.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
Vrydag
» Dis weer tyd vir die Junie-weergawe van Night under the Stars (Nuts) by die Goethe Institut. Sylent Nqo, van Zimbabwe, wat al verskeie internasionale toekennings op sy kerfstok het, gaan met sy kitaarvermoë die koue winter 'n bietjie warmte gee. Slickartie, ook van Zimbabwe, gaan saam met Nqo sorg vir akoestiese Afrika-ritmes. Geniet hierdie elektriese vertoning van 19:00 af vir slegs N$20. Vir navrae, besoek die Goethe Institut se webwerf.
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie