Kalender 4 Augustus

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Erns Grundling gaan môre sy boek, Elders, by die Book Den in Windhoek bekend stel. Die bekroonde Weg-joernalis gaan oor Elders gesels. Dis ’n ongewone boek – ’n reisverhaal wat, afgesien van ’n avontuur, ook ’n deernisvolle blik op die ewe kosbare binnereis bied. Belangstellendes kan by [email protected] rsvp. Die bekendstelling begin om 10:00.

» Die Nasionale kunsgalery bied met trots die solo-uitstalling, Brothers in Arms, deur Silke Behens, aan. Die uitstalling gaan oor die effek wat oorlog op die mens het - fisiek en emosioneel. Dit duur tot 25 Augustus. Toegang is gratis.

» Elvis Blue tree vanaand, môre en oormôre in Windhoek op. Kaartjies is N$120 vir volwassenes en N$60 vir kinders onder 12. Vir meer inligting, kontak Marcha by 081 288 2886.

» Kersfees in Julie is ’n uitstalling wat deur die Lacheiner-familie en Ikhobs saamgestel is. Tradisionele kuns, Kerfeesdekor, speelgoed en geskenke vanuit Namibië en buurlande sal by die Omba-galery ten toon gestel word.



Maandag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.



Woensdag

» Kunstenaars van die John Muafangejo-kunssentrum bied met trots die uitstalling, Whose role is it to educate the public about art? aan. Hierdie uitstalling gaan oor die belangrikheid van kunsopvoeding as dit by die publiek kom. Onder meer is die werke van Wilka Mumangeni, John Kalunda, Tulina Nakashona, Trianus Nakale, Elizabeth Shinana en Uarika Tjiteere te sien. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die FNCC



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Vrydag

» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!