Kalender 8 Desember

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die werk van 16 verskillende Namibiese kunstenaars insluit. StArt Salon sal die kunswerke bestaande uit ’n verskeidenheid media en style ten toon stel. Hierdie is die ideale geleentheid om die perfekte geskenke vir geliefdes uit te soek en kan jou feestydaankope behoorlik afskop. Kinders kan gesigverf en ander prettige aktiwiteite in die “Kinderhoekie” geniet, en verskeie stalletjies sal opwindende geskenke vir geliefdes vir Kersfees bied. Die Macadam-mark is vandag van 16:00 tot 22:00 oop. Toegang is gratis, so kom en geniet die dag saam.

» ’n Fotografie-uitstalling vier die transformerende werk van die Cardiff Universiteit in Namibië aan. Baanbrekerswerk om gesondheid te verbeter en armoede te verminder, sal tydens hierdie uitstalling beklemtoon word.

Die Phoenix-projek, ’n vennootskap tussen die Cardiff Universiteit in Wallis en die Universiteit van Namibië (Unam), het ’n beduidende impak op die land sedert sy bekendstelling in 2014 gehad. Die uitstalling open vandag by die Nasionale Kunsgallery Namibië (NAGN) en kan tot 18 Februarie 2018 besoek word. Toegang is gratis.

» ’n Nag onder die sterre (Nuts) nooi die publiek uit na hul finale konsert vanaand om die suksesvolle jaar van kuns en kultuur te vier. Hierdie inisiatief is in Augustus 2014 deur die Goethe Instituut van Namibië van stapel gestuur.

Ras Sheehama, ’n Namibiese sanger, sal tydens die Nuts-konsert sy verskyning maak. Sheehama is reeds vanaf onafhanklikwording deel van die Namibiese musiektoneel en is bekend vir sy fokus op die mensdom en sosiaal-politieke kritiek. The Monkey Nuts van Zimbabwe sal ook saam met Sheehama op die verhoog verskyn en is alom bekend vir hul eksperimentele en alternatiewe styl van hip-hop. Die Nuts-opvoering sal om 19:00 by die Goethe Instituut (Fidel Castrostraat 5 in Windhoek) begin. Toegang is gratis.

» Die Woermannhaus-galery op Swakopmund bied van vandag tot 5 Januarie ‘n goederemark aan wat die beste handgemaakte items en kuns ten toon stel. Dit is die perfekte geleentheid om ’n spesiale Kersgeskenk vir jou geliefdes te koop. Die mark kan van Maandag tot Vrydag van 10:00-12:00 en 15:00 to 17:00 besoek word. Diegene wat Saterdag ‘n draai wil gaan maak, kan van 10:00 tot 12:00 'n besoek aflê. Die mark is nie op Sondae oop nie.



Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied slypskole in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar geesdriftige tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die Textiles and Textures-uitstalling aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit die Namibië Kunsvereniging en die Nasionale Kunsgalery se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van die gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei 2018.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Dit is weer tyd vir die jaarlikse Unam visuele kunsuitstalling. Hierdie uistalling bestaan uit die werk van die derde en vierde jaar diplomastudente wat kursusse in bemarking, keramiek, mode-ontwerp, museumstudies en tekstielontwerp volg. Hierdie is ‘n geleentheid vir kunsliefhebbers om die jong talent wat Namibië bied, se werk te besigtig. Die stukke sal tot 3 Februarie by die Nasionale Kunsgalery te sien wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!