Kampioen dwaal vu00e9r weg
Kampioen dwaal vu00e9r weg

Kampioen dwaal vér weg

Tennis
Sedert haar onverwagse triomf in 2017 se Amerikaanse Ope kry Sloane Stephens die wind van voor en sal sy aanstaande week se Aussie Ope met min selfvertroue aandurf.

Stephens, die wêreld se nr. 13-speler, het gister 'n skoknederlaag teen Camila Giorgi (Italië) in die eerste ronde van die Sydney International-toernooi gely.

Sy het trouens sedert haar Grand Slam-titel in New York, toe sy met Madison Keys in die eindstryd afgereken het, nog nie weer 'n enkele oorwinning behaal nie.

Sy het albei enkelspelwedstryde in 'n Fedbeker-kragmeting met Belo-Rusland verloor, twee keer in die WTA se Elite-toernooi slae gekry en is twee keer in die eerste ronde van toernooie in China uitgeskakel.

Haar laaste wedstryd voor dié nederlaag in Sydney was in November.

Giorgi het 'n rits ongedwonge foute (35) deur Stephen uitgebuit om met 6-3, 6-0 te wen.

• Die Australiese Ope, wat komende Maandag begin, is intussen nóg 'n ster kwyt.

Die tweemalige Aussie Ope-kampioen Victoria Azarenka het haar aan die jaar se eerste Grand Slam onttrek weens 'n voortslepende regstryd om toesig van haar seun, Leo.

Dié speler van Belo-Rusland is as 'n promotorskeuse na Melbourne genooi aangesien sy weens die toesigstryd kwaai op die wêreldranglys uitgesak het.

Azarenka mag nie haar seun uit Kalifornië neem terwyl die hofsaak voortduur nie en moes haar gevolglik sedert Augustus aan toernooie wêreldwyd onttrek. – Reuters, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!