Kampioene bly onkeerbaar op Midgard-roete
Bergfietsry
Alex Miller en Michelle Vorster, twee van die land se sterk Olimpiese kandidate later vanjaar, het hul Namibiese titels as nasionale marathonkampioene op die bergfiets behou.
Miller en Vorster het Saterdag op 'n baie uitdagende roete die eerste plekke behaal tydens die Midgard MTB and Run – deel van die Hollard Gravel & Dirt-reeks, wat ook as die nasionale marathonkampioenskap gedien het.
Oor die langste afstand van 65 kilometer het Miller die wenstreep in 2 ure 37 minute 38 sekondes bereik. Sy naaste teenstand was die hardnekkige Ingram Cuff (subveteraan) wat in 2:46:03 die naaste aan hom klaargemaak het.
Xavier Papo, in die elite mansklas, was derde (2:51:20) met die jong Bergran Jensen drie minute later (2:54:30).
Die veteraanklas se wenner Clinton Hilfiker was vyfde oor die eindstreep (2:56:28), gevolg deur die meesterswenner Piet Swiegers (2:57:40) en Mannie Heymans (2:59:11, veterane) as die enigste ander mansryers wat die roete in minder as drie ure kon aflê.
'n Meestal gedugte mededinger soos Drikus Coetzee het in 'n stadium meganiese probleme ondervind en was gestrand sonder benodigdhede wat hy reeds opgebruik het, maar Danzel de Koe en Fanie Steenkamp van Team Kia het hom 'n wiel aangebied waarmee hy die resies kon voltooi (3:13:27 vir 'n vyfde posisie van die elite mans).
Miller sê hy voel baie tevrede met hoe die dag afgeloop het.
“Van die begin af het ek en Drikus nogal 'n stywe pas gehandhaaf. Redelik gou was die voorste groepie op ons eie, bestaande uit myself, Drikus, Ingram Cuff en Xavier Papo. Dit het so gebly totdat ons ná omtrent 30 km vir Xavier afgeskud het en Drikus het toe ook op omtrent dieselfde tyd 'n pap wiel gekry.
“Iewers tussen kilometer 35 en 40 het ek vir Ingram op een van die klimme afgeskud en van daar af was ek op my eie tot by die eindstreep.
“Dit was 'n goeie dag vir my. Ek sê graag dankie vir die organiseerders se werk agter die skerms vir 'n suksesvolle byeenkoms.”
Met nagenoeg 300 inskrywings in alle ouderdomsgroepe was die byeenkoms soos altyd baie gewild.
VROUE
In die vrouewedren het Vorster los onder haar mededingers uitgery. In 3:11:57 was sy met minstens twintig minute voor Courtney Liebenberg (tweede), Michelle Döman en Irene Steyn.
Die moeilike roete het vir Vorster nie sonder voorval verloop nie, toe 'n ongesiene hindernis haar 'n meganiese terugslag gegee het, maar sy het die byeenkoms nietemin vir die sesde keer gewen.
Sy het verlede week ook die welkome nuus ontvang dat sy met 'n allemintige 63 posisies op die wêreldranglys vorentoe gespring het, ná haar sterk vertoning (sewende) by die internasionale Andelucia-skofresies oor ses dae in Spanje.
ONSEKERHEID
Die coronavirus-situasie en die gepaardgaande onsekerheid oor die veiligheid (of beskikbaarheid) van vliegreise plaas drie belangrike komende byeenkomste vir bergfietsryers in die weegskaal.
Farm Windhoek in Kleine Kuppe is veronderstel om die venue te wees vir die jaarlikse Nedbank UCI-byeenkoms op 28 Maart, wat punte op die wêreldranglys inhou en wat gewoonlik ook van Suid-Afrika en ander buurlande se kampioenryers lok.
Die Nedbank UCI-byeenkoms, asook die SA Beker-byeenkoms op 5 April by Thaba Trials naby Johannesburg word gevolg deur die kontinentale Afrika-bergfietskampioenskap in Algerië (16-17 April).
Die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se beplanning was om hierdie genoemde drie byeenkomste se uitslae as kriteria te gebruik vir die bepaling van sy manlike verteenwoordiger by die Olimpiese Spele later vanjaar, waar die keuse tussen Miller en Tristan de Lange gemaak moet word.
“Niemand van ons het beheer hieroor nie, maar ek verkies om positief te bly en sal aanhou oefen soos normaalweg en hoop dat die probleme spoedig iets van die verlede is. Ek het goed gevoel tydens die naweek se resies en ek voel tevrede met waar my stand op die oomblik is,” sê Miller.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie