Kan Julinho weer sy terugkeer na NPL maak?
Kan Julinho weer sy terugkeer na NPL maak?

Kan Julinho weer sy terugkeer na NPL maak?

Sokker
NAMPA
Nadat Ntunguru-sokkerklub vir Kangweru Black Tops met 3-1 in Groep A van die Noord-Oostelike eersteliga gewen het, is hy gereed om Julinho Sporting van Rundu in twee uitspeelwedstryde te pak om te sien wie gaan in die 2018-19-seisoen saam met die ander 13 groot klubs in die MTC Namibiese Premierliga (NPL) gaan speel.

Julinho wat in die verlede vir twee seisoene in die MTC NPL sy kans gehad het, het op sy beurt Groep B gewen toe hy in sy afdeling oorheers het. Vir beide Julinho en Ntunguru sal dit ‘n maak of breek situasie wees, want beide klubs sal graag saam met die groot honde in die NPL wil blaf.

Daniel Namwira, administrateer van die Noord-Oostelike eersteliga, sê die datums van die twee kragmetings moet nog bepaal word en sal binnekort beken gemaak word. In nog wegdstryde wat die naweek in Groep A afgehandel is, het Black Hawks vir Eastern Chiefs met 2-0 in Katima Mulilo geklop terwyl United Stars vir Bingo United met 3-0 in Rundu verslaan het. Bingo is reeds na die tweede-liga gerelegeer.

In Groep B by die Rundu Sportstadion het Julinho se selfvertroue ‘n onverwagse knou gekry toe hy met 2-2 teen Cuca Tops tevrede moes wees en Oshikango Chiefs by die Ohangwena-stadion gelykop (1-1) teen KK United gespeel het. Oshikango en United Stars sal sake later vir die derde plek uitspook. Benfica is ook reeds na die tweede-liga gerelegeer en is die naweek deur Young Rangers by die Oscar Norich-stadion in Tsumeb gewen.

Puntestand

Groep A: Ntunguru 19 punte, Black Hawks 17, United Stars 15, Kangweru Black Tops 10, Eastern Chiefs 10, Bingo United 6. Bingo sal volgende seisoen sy sokker in die Okavango- Oos tweedeliga speel.

Groep B: Julinho Sporting 23, Oshikango Chiefs 15, Cuca Tops 14, Young Rangers 13, KK United 11, Benfica 5. Benfica sa vi die volgende seisoen in die Oshikoto tweedeliga sake vir sy blapse wil vergoed wat hom daar laat beland het.

Die wenner tussen Julinho Sportin en Ntunguru sal hom by die Young Brazilians van Karasburg aansluit om met die aanbreek van die 2018/19-seisoen in die MTC NPL hul merk te maak. Nog een plek is oop vir ‘n span wat gaan kwalifiseer om deel van die elite 16 NPL-klub ste word.

Dié klub sal uit die Noord-Westelike eersteliga kom waar daar in Groep A- en B onderskeidelik nog twee en drie botsings oor is waarna die twee wenners van die van Groep A- en B gaan koppestamp om te sien wie hom by die Young Braziliansen een van Julinho of Ntunguru gaan aansluit.

Die NPL bestaan uit 16 premierliga klubs. Die drie spanne wat ná elke seisoen in die laaste drie plekke op die NPL-punteleer eindig, word na die eersteligas van die Noord-Westelike-, Noord-Oostelike- en Suidelike-stroom gerelegeer en deur die drie wenners van dié onderskeie eersteligas vervang.

Julinho Sporting van Rundu was een van die min eersteliga-klubs wat daarin kon slaag om relegasie ná sy eerste seisoen in die Namibiese Premierliga te oor leef. Maar ná sy tweede seisoen kon die spelrs nie die wa deur die drif trek nie en is noodgedwonge deur ander klubs vervang wat harder gewerk het om sukses te bereik. Julinho het by tye uitstekende sokker gespeel, maar gesukkel wanneer hy in die hoofstad sy eer moes kom verdedig.

Bykomende inligting Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!