Kan Looser geklop word?
Behalwe vir Cory Abraham wat hier vir sy eerste Dash is, ken die res van die topsolojaers die moordende Dash wat vanjaar 20 km langer is.
Tielman van Lill
Konny Looser, die 32-jarige Switser en sesmalige Nedbank Desert Dash-bergfietskampioen, is terug in Namibië om Vrydag sy onbetwiste titel vanaf Windhoek na Swakopmund oor 393 kilometer te verdedig.
Maar as dit van Cory Wallace (Kanada), Daniel Abraham (Nederland), Drikus Coetzee, Dusty Day (Suid-Afrika), Kai Pritzen, Marc Pritzen, Martin Freyer en Tristan de Lange afhang, sal Looser nie weer maklik sy sin kry nie.
Wallace is ’n professionele bergfietsryer (soos Looser) en ’n driemalige 24 uur-solowêreldkampioen asook tweemalige Kanadese marathonkampioen. Hoewel hy nie die Namib en die Dash ken nie, kan hy met sy ervaring en deursettingsvermoë strawwe teenstand vir die topryers bied.
Behalwe vir Abraham wat hier vir sy eerste Dash is, ken die res van die topsolojaers die moordende Dash wat vanjaar 20 km langer is. Coetzee het in 2018 die Dash as soloryer aangepak en tweede in 14 uur 57 minute geëindig. Fryer was laasjaar tweede in 15:05:48.
Coetzee sou verlede jaar weer die Dash solo aanpak, maar het die Sondag voor die kompetisie sy sleutelbeen in ’n fratsongeluk op die Dordabis-pad gebreek toe hy gaan oefen het. Hy is egter vanjaar gereed vir die verlengde uitdaging.
“Ná my val verlede jaar en dit net vyf dae voor die Dash toe ek my sleutelbeen gebreek het, is ek honger vir dié uitdaging. Ek wil graag die Dash ry en klaarmaak. Ek sien baie uit na strawwe kompetisie ná die teleurstelling van verlede jaar,” het Coetzee gesê.
Aangesien Looser Oktobermaand in Marokko die Titanberg-fietstoer oor ses dae en 640 kilometer met sy eerste probeerslag gewen het, moet hy sekerlik steeds in topkondisie wees.
Looser was onlangs saam met Hugo Hahn en De Lange by Aus in die Suide vir ’n oefenkamp.
Looser het aan Republikein gesê: “Ek het twee weke gelede in Namibië aangekom en toe vir vyf dae ’n oefenkamp by Aus bygewoon. Ek is hier om weer die Dash te wen, ek is nie hier vir ’n vakansie nie. Ek is ’n professionele ryer en moet my borge gelukkig hou.
“Ek dink nie Wallace en Abraham sal veel van ’n uitdaging bied nie. Wallace het verlede naweek die Munga oor 1 150 km in Suid-Afrika gery. Ek twyfel of hy gaan opdaag.
“Abraham en Marc is ’n padfietsryer en normaalweg sukkel hulle met die grond- en sinkplaatpaaie. My grootste kompetisie sal beslis van Drikus, Martin en Tristan kom. Hulle is gesoute Dash-ryers met baie ondervinding.
“Ek sal weer soos in die verlede saam met ’n groep ry en aan die einde wegbreek. Daardie ekstra 20 km pla my nie. Al die ouens moet dit ry.
“Ná my sege in Marokko, het ek nog nie weer aan ’n groot kompetisie deelgeneem nie, maar ek is reg vir die Dash.”
Looser het sy ses titels met dié tye ingepalm: 2015 (15:03:20), 2016 (14:37:45), 2017 (13:55:29), 2018 (14:22:51), 2019 (14:42:02), 2020 (14:45:21). - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie