Kankermiddels se prys kwel
Waar iemand met fase 4-melanoom, die dodelikste soort velkanker, tot onlangs ongetwyfeld sou sterf, gee ’n nuwe middel hom ’n 24%-kans op oorlewing, maar teen ’n koste van N$1 miljoen.
Ipilimumab, met die handelsnaam Yervoy, is in Januarie in Suid-Afrika goedgekeur. Dit is een van ’n nuwe generasie biologiese middels, ook bekend as geteikende terapie, vir die behandeling van kanker.
Die prys van ongeveer N$250 000 per dosis maak dit die duurste medisyne in Suid-Afrika, sê dr. Ernst Marais, bedryfsbestuurshoof van die Onafhanklike Kliniese Onkologienetwerk (Icon). ’n Volle behandelingsiklus verg gewoonlik vier dosisse.
“Baie van die nuwe soorte geteikende terapie werk goed vir ’n paar baie spesifieke pasiënte, maar dit word onbekostigbaar,” sê dr. Lee Anne Jones, ’n onkoloog en kliniese bestuurshoof van Icon.
Die proses om generiese weergawes van biologiese middels te ontwikkel en te registreer is ingewikkelder en moeiliker en kan duurder as ander medisyne wees, maar dit regverdig nie die hoë koste daarvan nie, sê Catherine Tomlinson, parlementêre skakelbeampte vir Dokters Sonder Grense (MSF) in Suid-Afrika.
Volgens haar word patente gehou op talle kankermiddels in Suid-Afrika. Gevolglik mag net die maatskappy wat die patent vir die middel het, dit versprei en verskaf. Mediesefondse en die regering het min beweegruimte om laer pryse te beding, sê sy.
“Die maatskappye het geen mededinging nie en kan daarom enige prys vra wat hulle wil.”
Volgens haar word talle patente in Suid-Afrika ook toegestaan sonder dat dit werklik verdiend is.
“As die maatskappy die vorms invul en geld betaal, kry hy ’n patent... Ons staan patente toe wat in Europa en die VSA afgekeur word.
Die Treatment Action Campaign (TAC) se Fix the Patent Laws-veldtog, waarvoor Tomlinson ook as navorser werk, staan veranderings voor aan Suid-Afrika se patentwet om dit vir die departement van gesondheid moontlik te maak om laer pryse vir medisyne te beding.
MSF, die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) en die Suid-Afrikaanse alliansie vir nie-aansteeklike siektes tel onder die veldtog se ondersteuners.
“Die prosedures is nie doeltreffend nie en ons vra beter prosedures,” sê Tomlinson.
Die departement van handel en nywerheid het reeds in 2013 met ’n konsepbeleid onderneem om die wet te wysig om toegang tot bekostigbare medisyne te verbeter. Sy sê die proses sloer egter.
“Ons wag en wag vir die gefinaliseerde beleid en daarna moet wetshervorming plaasvind.”
Dr. Poovan Govender, hoof van onkologie in die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban, sê die prys van kankermedisyne neem “astronomies” toe en die meeste pasiënte in staatshospitale het nie toegang tot biologiese middels nie. Marais meen ook die koste van kankermediyne ruk handuit.
“Die huidige prysbepalings- en finansieringsmodelle is nie volhoubaar nie. Mediesefondse kan nie hierdie geteikende medisyne op lang termyn finansier sonder om hul lede se maandelikse bydraes drasties te verhoog nie. Dit sal ’n direkte impak op die lede se beursies hê en minder mense sal mediese fondse kan bekostig.”
Govender sê ’n kankerdiagnose is ’n emosionele diagnose en gevolglik is pasiënte en dokters bereid om die buitensporige pryse te betaal, soms net vir ’n minimale voordeel.
“Daar moet sterker stemme van afkeur wees teen die stygende koste van kankersorg.”
Volgens die Mediscor PBM-medisyne-oorsig van 2014 was besteding aan spesialiteitmedisyne (onkologiese behandelings ingesluit) in 2014 10,5% meer as in 2013. - Rochélle Human

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie