Kans vir gestremdes geskep

Andrew Poolman
Twee vertonings van verskeie armgedrewe fietse vir rolstoelgebruikers word die naweek in die Noorde aangebied. Die eerste sal Vrydag in Oshakati se Onafhanklikheidstadion wees (08:00 tot 12:00) gevolg deur Saterdag se byeenkoms in die Eenhana jeugsentrum in dieselfde tydgleuf.

Ander fietse wat vertoon sal word, is spesiaal ontwerp vir kinders wat balans- of kognitiewe probleme ondervind en kan deur ’n volwassene gestoot word. Al die fietse is driewiele en kan ook vir ontspanning of sportdoeleindes aangewend word.

In Namibië is sommige sportkodes vir gestremdes reeds aan die ontwikkel – insluitend basketbal vir rolstoelgebruikers – hoewel fietsry vir ontspanning nog nie werklik bestaan nie. Ses driewielfietse sal die naweek geskenk word om geleenthede in fietsry te bevorder.

Die projek is in geïnspireer deur ’n Amerikaanse program wat mense in staat stel om die gebruik van fietse te deel en om die ondersteuning te kry sodat hulle kan fietsry vir oefening, pret, gesondheid en sosiale interaksie.

Inclusive Cycling International (ICI) is in 2015 gestig en het aangepaste fietse aan ryers in Ecuador, China, Bahrein, Armenië, Kuba en Zimbabwe bekend gestel. Hul missie is om fietsry wêreldwyd onder mense met gestremdhede te bevorder.

Die ICI se medestigter Jenny Kern sê: “As gebruiker van ’n rolstoel en ’n ywerige fietsryer, weet ek dat fietsry ’n uitstekende manier is om mense ondanks hul beperkinge byeen te bring. Amper enigiemand kan fietsry en om dit te sien gebeur, versterk die positiewe boodskappe oor waartoe ons wel in staat is.”

Vir navrae kan Pondo Nailenge by 081 625 7810 of 081 626 5481 of 085 694 3581 bereik word. – Facebook (Pondo Nailenge)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!