Kartel oorweeg alweer toedraai van oliekrane
Francois Williams - Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy vennote vergader Sondag in Abu Dhabi te midde van tekens dat hulle olieproduksie volgende jaar kan sny in ’n poging om oliepryse te ondersteun.
Dit sal nie goeie nuus wees vir Suid-Afrikaanse motoriste wat die afgelope maande ly onder skerp brandstofprysstygings nie. Dit kan ook beteken dat moontlike verligting in pryse oor die volgende paar maande van korte duur kan wees.
Oliepryse het die afgelope week tot die laagste vlakke in maande gedaal, met Brent ruolie in Londen net onder US$70 per vat en West Texas Intermediate in Amerika wat tot net onder US$60 per vat geval het. Die laer pryse asook die relatiewe herstel in die randdollarwisselkoers die afgelope maand dui reeds op ’n stewige verlaging in plaaslike brandstofpryse in Desember. Die jongste gemiddelde oorverhaling op petrol is op R1,47 per liter, wat impliseer pryse kan in Desember met soveel daal as markfaktore stabiel bly.
Ontleders by Oilprice.com reken die daling in oliepryse is weens ’n aantal samelopende faktore, soos Amerikaanse olieproduksie wat in die vorige week skerp gestyg het en Rusland wat kan voordeel trek uit ’n produksie-inperking deur Opul en sy vennote.
Tom Kool, redakteur van Oilprice.com, verduidelik dit sal Opul en sy vennote se derde keer wees in vier jaar as hulle wel besluit om produksie in te kort. Dit volg op produksieverhogings deur Saoedi-Arabië in 2015, 2016 en vanjaar weer. Ná die eerste twee kere het Saoedi-Arabië teruggekrabbel en sy produksie ingekort nadat oliepryse in reaksie op stygende voorraadvlakke opgeskiet het. Die potensieel derde produksie-inkorting deur Opul binne vier jaar impliseer volgens Bloomberg dat Saoedi-Arabië alweer sy produksie te vinnig verhoog het.
OORAANBOD
’n Tegniese komitee van Opul het Saterdag vergader en voorspel dat ’n internasionale ooraanbod van olie weer volgende jaar kan voorkom as Opul en sy vennote voortgaan met hul huidige produksietempo, volgens afgevaardigdes wat bekend is met die samesprekings.
Opul kan besluit om produksie met soveel as 1 miljoen vate per dag in te kort.
Tog het Khalid Al-Falih, minister van energie van Saoedi-Arabië, in die aanloop tot Sondag se vergadering laat blyk dis nog te vroeg om produksie-inperkings te bespreek.
Opul en sy vennote is onder druk om produksie te sny nadat Brent ruolie tot die laagste vlak in ses maande geval het, en Amerikaanse oliepryse met sowat 5% gedaal het.
Die Internasionale Energieagentskap vra al herhaaldelik vir Opul om meer olie te produseer om te sorg dat aan internasionale vraag voldoen word. Opul se produksie was in Oktober die hoogste sedert 2016, en Rusland het self 11,4 miljoen vate per dag in Oktober geproduseer, wat die meeste is sedert die Sowjet-era.
Laer produksie kan in Rusland se guns wees want dis beter vir Russiese produsente om minder olie te produseer teen US$80 per vat as om teen huidige produksievlakke teen US$70 per vat te produseer, volgens Alexander Losev, hoof van Sputnik Asset Management.
Laer produksie teen hoër pryse help die oliemaatskappye om hul bedryfskoste te verlaag maar steeds kontantvloei te verbeter.
Benewens oorproduksie wat oliepryse te laag na Opul se sin kan laat val, meen Opul daar is ook die risiko dat vraag kan daal of verlangsaam weens sukkelende opkomende ekonomieë en die gevolge van die handelsoorlog tussen Amerika en China. – Netwerk/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie