Kasane-vissermanne se name bekend
Die vier vissermanne wat verlede Donderdag na bewering deur Botswana se weermag (BDF) geskiet is, is mnre. Tomm Nchindo (48), Martin Nchindo (40), Wamunyima Nchindo (36) en Sinvula Munyeme (ouderdom onbekend).
Hoofinsp. Elifas Kuwinga van die Namibiese polisie het vanmiddag die name van die oorledenes bekend gemaak. Hulle het tydens die voorval glo onwettig naby die Kasika-nedersetting by Kasane gehengel.
Volgens Kuwinga is hulle almal Namibiese burgers, met Munyeme wat dubbele burgerskap (in Namibië en Zambië) het.
Intussen het die president van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, in ’n ope brief aan pres. Hage Geingob en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, kritiek oor die regering se stilswye hieroor uitgespreek.
Venaani sê hy keer die Namibiese regering se voortgesette noue verhouding met Botswana af, midde die toenemende moorde en terreur teen Namibiërs wat hierdie land besoek en daar woon.
Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, berig minstens 30 Namibiërs en 22 Zimbabwiërs is oor die afgelope twintig jaar in Botswana se teenstropingsoperasies dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie