Kastrasie is nie die antwoord, maar . . .
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Sekseule geweld soos betasting, teistering en verkragting is seker van die ergste onmenslike misdade wat een mens teenoor ’n ander kan pleeg.
Dit is onbeskryflik watter sielkundige, geestelike en ligaamlike letsels die daad aan die slagoffer doen, en tog is dit een van die mees berugste van gruwelmisdade wat gepleeg word.
Wêreldwyd veroorsaak verkragting meer pyn en lyding as enige ander misdaad of pandemie. Terwyl die wêreld en die mediese gemeenskap naarstiglik soek vir ’n teenmiddel vir die Covid-19-virus gaan die verkragtingpandemie teenoor kinders en vrouens onverpoos voort.
Daar word daagliks op die mees onsensitiewe en natuurlik die mees sensasionele manier berig oor die verkragting van veral kinders.
Baie studies het getoon dat seksuele geweldenaars nie in staat is om te verander nie. Die feit dat hulle jag maak op onskuldige en weerlose mense gee aan hulle ’n sin van mag en beheer oor ander, en dit laat hulle goed voel omtrent hulself en nie noodwendig oor die gruwelike daad wat hulle gepleeg het nie. Hulle het geensins geen empatie of simpatie met hul slagoffers nie, wie hulle in elk geval beskou as onderwerpe.
Dit bring die vraag teweeg wat is die mees moontlike en gepaste straf wat in die beskaafde wêreld aan die menslike monsters toegedien kan word.
In die beskaafde en wetlik geordende wêreld en samelewing is kastrasie, soos die doodstraf, seker onmenslik en oordadig. Volgens ons Grondwet is die doodstraf ongrondwetlik en ons howe het selfs bevind werklike lewenslange tronkstraf is onmenslik en barbaars.
Dit laat die weerloses oor aan die genade oor hoe ons howe die gewelddade hanteer binne die raamwerk van die hof, die reëls van die hof en voorgeskrewe strawwe. Terwyl dit jare neem vir seksuele geweldsake om afgehandel te word, word die seksuele wreedaards op grond van hul grondwetlike regte op onskuld en vryheid op borgtog vrygelaat, en sodoende kan hulle onverpoos met hul geweld voortgaan.
Wat meer kan en moet gedoen word?
Navorsing toon gekastreerde seksoorteders kan gewelddadige moordenaars word. Sodoende is dit medies bewys dat kastrasie nie ’n oplossing is nie.
Die eerste stap is om spesiale geslagsgeweldhowe in elke streek te hê, wat uitsluitlik met sake soos molestering, seksuele geweld en verkragting belas sal wees. Die howe moet ’n minimum van 15 jaar tronkstraf, sonder die moontlikheid van parool, en ’n maksimum van 60 jaar, sonder die moontlikheid van parool, aan skuldiges kan oplê.
Daar is beweringe in ons gemeenskap dat seksoortreders, en veral diegene wat kinders verkrag en molesteer, met afsku in gevangenisse behandel word, maar dan word ook beweer dat verkragters mekaar verag, omdat die een nie sy daad en optrede so walglik as die van die ander een beskou nie. Die feit dat hulle mekaar self nie kan verdra nie en as walglik beskou, bied die geleentheid om hulle by een plek te hou.
Die volgende bykomende maatreëls kan en moet toegepas word: geen borgtog vir seksoorteders ("you are guilty until proven not guilty"), sake moet binne drie weke gefinaliseer word, die minimum straf is opsioneel omdat die maksimum altyd in berekening gebring moet word met vonnisoplegging en ’n spesiale gevangenis êrens in die Kalahari.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie