Katolieke geskiedenis in Suide gemaak

Geskiedenis is gister in Namibië gemaak toe Pous Franciskus bekend gemaak het 'n boorling van die Suide is as biskop van die Keetmanshoop-bisdom aangestel.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Vir die eerste keer in die geskiedenis kry die Keetmanshoop-­bisdom 'n Namibies-gebore biskop.

Dié aankondiging is gister deur die Vatikaan gemaak.

“Die heilige vader Franciskus het vader Willem Christiaans as biskop van Keetmanshoop, Namibië, aangestel. Tot nou toe was hy die administrateur van die biskoplike gebied en nasionale direkteur van die verenigings van pouslike sendings in Namibië,” lui die aankondiging van die Vatikaan.



Namibië

Sedert die vestiging van die Katolieke Kerk in Namibië het die Suide nog nooit 'n biskop uit eie geledere gehad nie. Vorige biskoppe was almal van Europese afkoms.

In 'n telefoniese onderhoud met Republikein het aangewese biskop Christiaans gesê hy is al verlede Maandag oor die besluit van die Vatikaan­ ingelig, maar hy mag niks gesê het nie. Net die Namibiese biskoplike konferensie en sy ma kon die nuus hoor.

Ingevolge die kerk se reëls moet die in­seëning plaasvind binne drie maande nadat die nuus amptelik bekend gemaak word. Die Keetmanshoop-bisdom is tans besig om die in­seëningsdatum te bepaal, reëlings te tref en uitnodigings te stuur.

“Die aanstelling van iemand uit die Suide as biskop van Keetmanshoop het 'n reuse-­impak op die kerk,” het Christiaans aan Republikein gesê.

“Die kerk is wêreldwyd­ in diens van alle mense, veral die behoeftiges en die armes. Met die huidige omstandighede kry veral vroue en kinders swaar, en dit is die kerk se roeping om waar nodig hierdie mense te bemoedig en by te staan.

“Hierdie kerklike opdrag kom sover terug soos die tyd van die Evangelies. Veral in ons land en in hierdie tyd is hierdie werk van die uiterste belang.

“Ek wil my ook beywer vir interkerklike same­werking met ander denominasies.

“Dit is belangrik dat goeie betrekkinge­ tussen kerklike denomi­nasies bestaan, want ons het almal dieselfde doel voor oë, naamlik om die Woord van God te versprei en Jesus Christus na aan die mense te bring,” het hy gesê.

Vader Christiaans is op 12 Februarie 1961 op Garis in die ­Karasburg-distrik in die Keetmanshoop-bisdom gebore.

Hy het sy eerste kerklike eed op 23 ­Januarie 1983 by St. Franciscus de Sales afgelê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!