Katrina bly in komitees, sê speaker
Teen Maandag het meer as 11 000 mense reeds ’n versoekskrif teen die eertydse minister van onderwys, kuns en kultuur onderteken.
Denver Kisting – Die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, het laat Maandag gesê geen besluit is nog geneem om vir Katrina Hanse-Himarwa uit twee parlementêre komitees te skop nie.
Katjavivi het by navraag aan Republikein gesê: “(Ek is) nie bewus van enige besluit wat geneem is om die eerbare lid te verwyder nie.”
Vroeër Maandag het Swapo by monde van sy sekretaris-generaal se uitvoerende direkteur, mnr. Austin Samupwa, gesê hulle het geen kommentaar oor die voortslepende drama rondom Hanse-Himarwa nie.
Samupwa het aanvanklik gesê ’n aanlyn versoekskrif wat eis Hanse-Himarwa, ’n Swapo-swaargewig, moet uit twee parlementêre komitees geskop word, het niks met die regerende party te doen nie.
Op ’n vraag oor of Swapo haar aan die NV sal onttrek, het hy gesê: “Ek het geen kommentaar oor daardie kwessie nie.”
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, ’n Swapo-politburolid, het die afgelope naweek gesê parlementêre kwessies het niks met die uitvoerende gesag te doen nie.
Sy het nog nie op ’n vraag gereageer oor of Swapo beplan om Hanse-Himarwa aan die NV te onttrek of van die party se lys te verwyder nie.
Die woordvoerder van die NV, mnr. David Nahogandja, het Sondag gesê Hanse-Himarwa is in twee komitees aangestel: een wat gemoeid is met grondwetlike en regsaangeleenthede, en die menslikehulpbronne- en gemeenskapsontwikkelingskomitee.
Hy sê wanneer ’n LP nie meer as minister dien nie, maar as LP aanbly, vereis die parlement se reëls dat dié persoon by ’n parlementêre komitee aansluit en daarin dien.
Hanse-Himarwa is ’n gewone LP sedert sy verlede jaar as minister bedank het ná sy op een klag van korrupsie in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie