Kazenambo Kazenambo sterf
Jo-Maré Duddy - Swapo se vuurvreter-politikus en voormalige kabinetslid, mnr. Kazenambo Kazenambo (58), is oorlede.
‘n Familielid het die nuus aan Republikein se susterskoerant, Namibian Sun, bevestig en gesê Kazenambo was die afgelope weke baie siek ná hy Covid-19 opgedoen het.
Kazenambo is in 2005 as die adjunkminister van plaaslike- en streekowerhede, behuising en landelike ontwikkeling aangestel, ‘n posisie wat hy tot 2010 beklee het. Daarna was hy die minister van jeug, sport en kultuur tot 2012.
Kazenambo was bekend vir sy omstredenheid. Skaars twee maande gelede het Swapo se streekkoördineerders hom aangevat ná hy pres. Hage Geingob ‘n “idioot” en ‘n “lafaard” genoem het.
Kazenambo, ‘n Ovaherero wat voorheen deel van van die onderhandelingsgroep met Duitsland oor die 1904-’07-volksmoord was, het in Junie vanjaar ‘n petisie aan die Verenigde Nasies (VN) se kantoor vir die voorkoming van volksmoord gerig om in te gryp in die onderhandelinge tussen die Namibiese regering en Duitsland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie