Keetmans-ekonomie baat by riool
Denver Kisting – Die Keetmanshoop-munisipaliteit maak hul merk as ’n leier op die gebied om van ’n rioolprobleem ’n ekonomiese inspuiting te maak.
Tot so ver as die Noord-Kaap, ’n provinsie in naburige Suid-Afrika, kry dié plaaslike owerheid gaste wat wil kom leer hoe hulle regkry wat hulle doen.
Volgens mnr. Jegg Christiaan, senior bestuurder: ekonomiese ontwikkeling en gemeenskapsdiens, lê ’n wesenlike gedeelte van die Keetmanshoop-munisipaliteit se sukses in openbare-private vennootskappe (PPP’s).
Vir lank het hulle ’n reuseuitdaging gehad met rioolwater wat oorloop, inwoners se reuksintuig gekasty én gesondheidsgevare ingehou het. “Soos die dorp gegroei het en waarskynlik weens swak instandhouding, het die voering aan die onderkant van die riooldamme verweer.”
Volgens hom het van die rioolwater selfs in die ondergrondse waterbronne beland en “na plase gespoel”.
ENTREPRENEURS TOT DIE REDDING
Christiaan sê twee entrepreneurs, mnre. Johan Louw en Wessel Wessels, het hulle genader met ’n voorstel om 100 hektaar rondom die dorp se rioolaanleg te huur.
Die plan was eenvoudig: Hulle sou die rioolwater behandel en dan dierekos op die grond plant en groei.
Veral in die voortslepende droogte was hulle baie dankbaar vir dié oplossing.
Die belegging is meer as N$5 miljoen werd, sê hy.
In dié stadium plant hulle mielies, lusern en hawer op die grond.
PPP’s kan so werk
Uit die staanspoor het hulle aangedring die ooreenkoms moet verseker die voorwaardes wat ten doel het om die omgewing te beskerm, word konsekwent eerbiedig.
Dit vereis dat hulle indringerbos moet uitroei en moniteringsboorgate moet hê om seker te maak ondergrondse water word nie besoedel nie.
Wessels het aan Suiderland gesê hulle het 20 mense in diens geneem deur die projek.
Christiaan sê dít is omkaisen - die Damara/Nama-woord vir ontwikkeling, om jouself op te bou. “Dit gaan daaroor om jouself te bemagtig, jouself met vaardighede toe te rus en jouself op te voed.” het hy in ’n onderhoud met Suiderland gesê. “Dit is net sodra die self ontwikkel is dat ontwikkeling elders kan plaasvind.”
Boonop, sê hy, hoef selfontwikkeling nie tot enige konflik met ander te lei nie. “As ons dit reg toepas, hoef daar geen struweling te wees nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie