Kenyatta, hoofregter bots
Kenia
Kenia se hoofregter David Maraga het pres. Uhuru Kenyatta gewaarsku om nie openbare vertroue in die regbank te ondermyn nie. Dit is 'n buitengewoon skerp meningsverskil tussen die twee, minder as 'n maand voor nasionale verkiesings in Kenia gehou word.
Kenyatta het vroeër gereageer op 'n oorwinning in die hof van die opposisie teen Kenia se onafhanklike verkiesings- en afbakeningskommissie (IEBC). Hy het gewaarsku teen enige gebruik van die regsproses om die verkiesings te vertraag.
“Hulle dink ons is gekke,” het hy tydens 'n verkiesingsbyeenkoms in die westelike Baringo-distrik met verwysing na die regbank gesê.
“Ek wil die howe meedeel dat ons hulle gerespekteer het. Hulle moet egter nie respek vir lafhartigheid aansien nie. Ons sal nie ons opponente toelaat om die howe te gebruik om die IEBC te intimideer nie,” het hy gesê
Gewelddadige botsings ná die betwiste 2007-verkiesings waarin meer as 1 200 mense dood is, is nog vars in Keniane se geheues.– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie