Kernwaardes: 27 jaar later
Kernwaardes: 27 jaar later

Kernwaardes: 27 jaar later

Dani Booysen
Jaarliks op Grondwetdag moet elke Namibiër ‘n bestekopname doen in hoe ‘n mate ons as land uitdrukking gee aan aan die waardes waarop die republiek gefundeer is.

Enkele kernbeginsels in die beëindiging van beheer oor Namibië van oorkant ons suidelike grens is geregtigheid, gelykheid, waardigheid en die reg op geluk. Vir almal en elkeen.

Die Grondwet is ook gebaseer op deursigtige verantwoording deur die drie gesagte, leiers, verteenwoordigers, besluitnemers en elke inwoner.

Met vernaam die grondkwessie, behuising en inkomstekloof wat 27 jaar sedert onafhanklikwording meer brandende vraagstukke as ooit is, moet dit kernvrae bly of die grondwetlike opdrag en verwagting oor sulke sake, asook in die breë, uitgevoer en vervul is.

Die smeekroepe van baie Namibiërs sê nee.

Is een ongelyke en korrupte verlede tot ‘n mate bloot met ‘n ander vervang? Baie voel so weens die onophoudelike onthullings oor ons land se “vetpense” en tenderpreneurs.

Van hierdie moeilike vrae durf ons nie terugdeins nie. Dit raak die integriteit van die staat en samelewing.

Mooi infrastruktuur en prag en praal sit nie dakke oor koppe nie en vul ook nie leë mae nie.

Namibiërs se bekende trots op, en liefde vir die republiek en die vrede wat ons ervaar – en inderdaad moet koester – mag nie woorde sonder dade wees nie.

Nie net leiers nie, maar elkeen moet verantwoording doen hoe ons die Grondwet uitleef.

Daarsonder kan ons nie die struikelblokke oorkom wat steeds bestaan nie.

So sê ander

8 Februarie 2017

The housing white paper: it won’t fix a broken market

England needs solutions to fix its broken housing market. But this government is not providing them.

Such is the crisis that cabinet ministers call for ambitious, radical reforms to “turn things around”. The trouble is, there aren’t any in the white paper.

The excessive focus on owning a home, egged on by siren calls of a property-owning democracy, came at the cost of thoughtful solutions in other forms of tenure.

The result is a yawning inequality. In the past decade the poor and the young have been faced with rising rents and the prospect of never owning their home.

What is lacking is the offer of real protections for renters.

Smaller homes with more insecure forms of tenure, where there’s little protection from the unscrupulous, is hardly the housing legacy Mrs May intends to leave.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!