Kersfees – Hallmark-styl
Gerine Hoff
Dis Kersfees, en wat is dan nou lekkerder as om voor die televisie uit te span om Kersflieks - veral daai Hallmark-films - te binge-watch?
Ja, die storielyne is cheesy, die akteurs nie wat wonders nie (hoe kry hulle hul tande so wit en reguit?) en daar is hopeloos te veel sneeuflokkies in die lug, maar daar is min dinge so lekker as om mee te ontspan. . . Veral nou dat ons half verplig is om by die huis te bly!
As jy ’n ywerige tuis-fliekvlooi is sou jy gesien het daar is hierdie jaar sommer baie Kersflieks op die kleinkassie. Eintlik het die New York Times onlangs berig daar is ’n reusetoename in “vakansieflieks”, met Disney, Netflix, Lifetime en Hallmark wat almal nuwe vrystellings en reruns wys.
“Twinkle All The Way”, “Jingle Bell Bride”, “Merry Kissmass”. Dié flieks se titels is genoeg om jou te laat cringe en die resep is altyd dieselfde, van die plotstruktuur tot die Kersversierings wat heeltemal oorboord gaan.
En al lag ons in ons moue oor al die clichés, is ons eintlik heimlik bly oor die sekerheid wat elke fliek opdis, dalk veral omdat dinge op die oomblik so onseker is?
Ander bestanddele wat hierdie Kersflieks eenvoudig móét hê, is ’n stadstoneel/klein dorpie in die openingstoneel; baie sneeu; iemand wat geen Kersgees het nie; die hoofaktrise is óf Candace Cameron (DJ Tanner van Full House – onthou jy nog?), Lacey Chabert of Lori Loughlin (ook van Full House) wat óf in ’n klein dorpie bly óf ’n suksesvolle sakevroue in die groot stad is; ’n aantreklike maar vergeetbare man met ’n sterk kakebeen (wat óf in die klein dorpie bly óf ’n suksesvolle sakeman in die groot stad is); en ’n preutse eerste soen aan die einde van die fliek tussen die hoofakteurs wat aanvanklik niks van mekaar gehou het nie, of skoolverliefdes was.
Opsionele ekstras is oulike kinders, oulike ou mense, oulike diere en ’n bietjie magic.
So tussen die hoofakteurs wat op mekaar verlief raak terwyl hulle ysskaats/warm sjokolade drink/Kerskoekies bak, besef hulle wat eintlik belangrik in die lewe is.
Kenners sê vakansieflieks is só gewild omdat dit jou vir ’n uur of twee van jou eie realiteit laat ontsnap en ’n blik gee op ’n wêreld soos dit kán wees, of jou laat verlang na iets wat jy nie ken nie. Nog meer, dié voelgoedflieks verander ons hormoonvlakke, met veral rom-coms wat die brein se empatie-sentrum kan aktiveer om dopamien en oksitosien vry te stel.
Terwyl ek so op die Kersflieks opgelees het, het daar ander interessanthede opgeduik, soos dat Hallmark hierdie jaar meer as 30 sulke flieks vrygestel het en meeste daarvan word in die Noordelike Halfrond se somermaande in die Vancouver-omgewing verfilm, soveel so dat hulle al moes begin soek na ’n groter verskeidenheid klein dorpies omdat die bestaandes reeds so baie gebruik is.
Dus, terwyl ons almal hunker na ’n wegbreekkans en ’n bietjie escapism, wens ek almal ’n vreedsame, liefdevolle somer-Christusfees en ’n Nuwejaar met ’n nuwe begin toe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie