‘Kersvader se helpers’ is eintlik robotte
Robotte behartig soveel van die prosesse wat aanlyn winkels seepglad laat verloop.
Petrus Malherbe – Kersfees kruip al nader en handelaars berei hulle reeds voor vir ’n stormloop van kopers na gewone sowel as aanlyn winkels.
Terwyl kopers gretig moontlike Kersgeskenke op aanlyn winkels soos Takealot of Loot soek, is ’n massiewe arbeidsmag besig om seker te maak dat daar genoeg voorraad sal wees, dat kopers items teen die beste moontlike pryse opraap en dat die bestellings vinnig deurgevoer en afgelewer word.
En nee, hierdie getroue werkers word nie teen hul wil iewers in ’n pakskure aangehou nie. Dié moderne werker benodig geen afdag nie; word nie siek nie en hoef nooit te rus of te eet nie.
Dit is omdat robotte soveel van die prosesse verrig wat aanlyn winkels seepglad laat verloop. En dis nie fisieke robotte soos C-3PO in Star Wars nie, maar rekenaars.
Gewone mense sal verbaas wees om te weet hoeveel prosesse deesdae deur robotika geoutomatiseer is, sê Lenore Kerrigan, hoof van UiPath in Suidelike Afrika.
UiPath skep programmatuur wat prosesse outomatiseer.
Dié programme boots menslike gedrag na, maar met die voordeel dat dit nooit moeg raak om dieselfde ding oor en oor te doen nie.
Boonop verrig dit dieselfde werk in ’n fraksie van die tyd, sê Kerrigan.
Sy gebruik enige aanlyn bestelling as voorbeeld.
“Van die oomblik dat jy jou bestelling geplaas het, neem ’n robot oor.
“ ’n Robot maak seker dat die produk wat jy wil hê in voorraad is. Indien nie, plaas die robot dadelik ’n bestelling.
“As die produk reeds in voorraad is, kontak die robot die verspreidingsentrum. Dan word die produk verpak en verskeep – met die robot wat die bevele gee.”
Van die ander dienste wat robotte verrig, nie net in aanlyn winkels nie maar ook in fisieke winkels en elders, sluit in:
· Prysvasstelling gegrond op vraag en aanbod;
· Instel van spesiale aanbiedinge;
· Die uitstuur van outomatiese bemarkingsmateriaal;
· Die plaas van nuwe bestellings wanneer voorraad byna uitgeput is;
· Beantwoord e-posse;
· Bied hulp aan persone wat werk in inbelsentrums;
· Doen die nodige agtergrondondersoek vir nuwe kredietaansoekers; en
· Sorteer nuwe werkaansoeke.
“Die opsies is eindeloos,” sê Kerrigan.
Tog is die doel van die robotte nie om mense te vervang nie, benadruk sy.
“Hulle dryf eenvoudig prosesse en maak seker dat die werk vinniger en meer akkuraat afgehandel word.”
Dit hou voordele in vir die menslike werknemers ook, sê sy.
“Hierdie tipe outomatisering haal trouens die robot uit die mens, aangesien mense nie meer dieselfde ding oor en oor hoef te doen nie.”
Dit stel werknemers in staat om te fokus op ander take waarmee hulle hul denkvermoëns beter kan inspan. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie