Kganyago, Fed help rand tot onder R14 teenoor dollar
Elvira Wood – Die rand verhandel weer teen minder as R14 teenoor die dollar.
Vroeg Donderdagoggend sou ’n dollar jou R13,98 kos.
Dit is bykans 20c minder as Woensdag.
Daar was Woensdag goeie nuus uit alle oorde om die rand te help verstewig.
Internasionaal het Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed), onverwags voor die kongres getuig dat die Fed nou meer geneë is om rentekoerse te verlaag, sê Bianca Botes, ’n vennoot van Peregrine Treasury Solutions.
Sy het nadat dié nuus bekend geword het, voorspel dat die rand weer na R14 sal mik omdat die dollar onder hernude druk kom.
Die aankondiging deur die tesourie laatmiddag dat Tito Mboweni, minister van finansies, wéér vir Lesetja Kganyago vir ’n verdere vyf jaar as president van die Reserwebank aangestel het, het die rand waarskynlik net die verdere hupstoot gegee om wél deur dié sleutelvlak te breek.
Prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê dié aanstelling is baie goeie nuus vir die bank en die ekonomie.
“Kganyago is nie net ’n bankier wat plaaslik en internasionaal gerespekteer word nie, maar sy heraanstelling stuur ’n baie sterk boodskap dat die onafhanklikheid van die sentrale bank gehandhaaf word,” sê hy in ’n verklaring.
Hy het ook die aanstelling van Fundi Tshazibana en dr. Rashad Cassim as sy adjunkte verwelkom.
Die rand het vroeg Donderdagoggend teen R17,49 teenoor die Britse pond en R15,75 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 426,40 per fynons
· Platinum: $827 per ons
· Olie: $67,18 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $11 304,00/R176 001
· Ethereum: $266,15/R4 251 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie