Khomas Nampol en Revivals steeds koning
Vlugbal
Die Namibiese Vlugbalfederasie (NVF) het die afgelope naweek sy Bank Windhoek NVF-beker in Swakopmund aangebied.
Dit was die reeks se tweede en finale ronde wat by The Dome beslis is. Khomas Nampol se mans en die vrouespan van Revivals het met die louere weggestap.
Khomas Nampol as die verdedigende kampioen het min teenstand van die Namibiese weermagspan (NDF) in die eindstryd ondervind. Nampol beklink die botsing met drie stelle teen nul om sy greep op die Bank Windhoek NVF-beker vir die derde jaar te behou.
Nampol het vanaf die eerste afslaan sy benadering blitsig en klinies gehou en die manne van die NDF kon nie hergroepeer om kompeterend te wees nie.
Die NDF eindig tweede in die kompetisie, met NamPower wat die vlootspan van Erongo uitskakel om die derde plek in te neem.
Vroue: Die vroue van Revivals is opnuut die Bank Windhoek NVF-kampioenspan nadat hulle Khomas Nampol in die finaal knak. Die Deutscher Turn- und Sportverein (DTS) wen teen die vrouespan van Happydu om die derde plek in te palm.
As wenners het beide Khomas Nampol en Revivals N$10 000, asook goue medaljes en die Bank Windhoek NVF-wisseltrofee vir hul moeite ontvang.
Die naaswenners in beide afdelings het self met 'n beter banksaldo huiswaarts gekeer. Hul prysgeld van N$8 000 en silwermedaljes is nie te versmaai nie, terwyl DTS en NamPower (derde plekke) brons en N$5 000 ontvang het.
N$2 000 is aan die spanne betaal wat vierde geëindig het.
Individueel: Messah Kambala en Nokokure Kambatuku, onderskeidelik die kapteins van Khomas Nampol en Revivals se manspanne, is as die beste aanvallende spelers (spikers) in die toernooi aangewys. Stevey Kangandjera van NamPower-mans en Rebekka Kandundu (Happydu-vroue) stap met die beloning as die mees waardevolle jong spelers weg.
VLUGBAL TEEN GESLAGSGEWELD
Vier skole van die kus het hulle Saterdag by die klubs vir 'n straatoptog geskaar wat vanaf die Bank Windhoek-tak tot by The Dome gestrek het, waarna die kompetisie in erns afgeslaan het.
Mnr. Hillary Dux Imbuwa, president van die NVF, is 'n vurige ambassadeur teen geslagsgeweld. Hy het 'n beroep op spelers en die publiek gedoen om die stryd teen dié euwel aan te pak en het dit verwelkom dat vlugbal as 'n platform gebruik word.
“Die NVF sien Bank Windhoek as 'n topklas korporatiewe entiteit wat met sy ondersteuning vlugbal tot nuwe hoogtes in die land aangespoor het.
“Danksy Bank Windhoek se volgehoue steun kan vlugbal ontwikkel word en groot kompetisies soos die NVF-beker aangebied word. Ons bedank Bank Windhoek as vennoot en ondersteuner van vlugbal,” het die president gesê.
André le Roux, skakelbeampte van Bank Windhoek, sê: “Baie geluk aan al die spanne wat vanjaar aan die Bank Windhoek NVF-kampioenskap deelgeneem het. Ons het die sport van krag tot krag sien groei, wat gereeld toeskouers met aanskoulike aksie op hul voete bring.
“Welgedaan aan die organiseerders wat dié jaarlikse byeenkoms met toewyding koördineer en reël. Hul passie is 'n voorbeeld vir menige sportkodes in Namibië. Bank Windhoek is trots om met die NVF verbind te word,” het Le Roux gesê.
Die jaarlikse Sone 5-klubkampioenskap sal in Desembermaand in Lilongwe, Malawi, aangebied word waar een uitverkore mans- en vroueklubspan van Namibië op die baan sal kan stap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie