Khorixas: Gister, vandag, mu00f4re
Khorixas: Gister, vandag, mu00f4re

Khorixas: Gister, vandag, môre

Gerine Hoff
Richard Fryer – Die dorpie Khorixas het uit 'n boerderygemeenskap onstaan op 'n plek wat voorheen as 'n handelspos gedien het. Deur die jare heen het sy naam drie keer verander – van Nuwe Dorp tot Welwitschia en uiteindelik na vandag se Khorixas wat deesdae as 'n groeipunt vir toerisme en potensiële mynbouaktiwiteite dien.
Khorixas – afgelei van die khoribos wat wild in die gebied groei – word deur 'n plaaslike owerheid bestuur wat op geïntegreerde, volhoubare ontwikkeling gerig is. Die plaaslike dorpsraad is die ruggraat van die besluitnemingsprosesse en het sedert onafhanklikwording heelwat vordering gemaak wat tot die groei van die dorp, die ontwikkeling van dienste asook beleggingsgeleenthede bygedra het.
Die dorp streef na stabiliteit in 'n omgewing wat voortdurend op politiese en maatskaplike vlak verander. In koloniale tye was dit die administratiewe sentrum van die gebied, met vergaderings wat in die dorpsraadkamer, destyds na verwys as die " wetgewingsaal" , gehou is. Dié vertrek bestaan vandag nog en dorpsraad- sowel as openbare vergaderings word daar gehou.
Hoewel Khorixas sedert onafhanklikwording nie meer die hoofsentrum van die Kunenestreek is nie – Opuwo is deesdae die hoofsentrum – is ’n distrikshospitaal asook ander regeringskantore steeds op die dorpie aanwesig. Dit spog ook met 'n tak van die Universiteit van Namibië en die dorpsraad streef nog steeds na voortgesette ontwikkeling.
In terme van besienswaardighede is Khorixas een van die dorpe in die Kunenestreek wat deur die Ugabriviervallei omring word. Volop wild word daar aangetref en die woestynolifante beweeg vrylik in dié omgewing rond.


TOEKOMSPLANNE
Volgens die dorpsraad se hoof uitvoerende beampte, mnr. Erwin Howoseb, het alle inwoners ’n huis en is daar 185 erwe wat ten volle gediens is. “Ons het ook al 6,2 km van die dorp se strate geteer, maar stof bly nog steeds ’n groot probleem,” het hy gesê.
Volgens Howoseb het die dorpsraad onlangs ’n erf aan “Reds Investment” toegeken en die maatskappy se plan is om ’n klein inkoopsentrum te ontwikkel wat oor agt winkels sal beskik. Daar is egter ’n aanvraag na nog winkels en dus het die dorpsraad ook ? erf beskikbaar gestel vir die ontwikkeling van ’n sakekompleks en diensstasie. “Ons is ook besig met die ontwikkeling van ’n nuwe brandweerstasie,” het Howoseb gesê.
Die dorpsraad het ook ’n erf aan die regering toegeken waar ’n ouetehuis gebou gaan word. “Ons is ook baie opgewonde oor die pad wat tussen Walvisbaai en Kamanjab geteer gaan word. Dit sal beteken dat meer mense en besighede na Khorixas sal kom,” het Howoseb gesê.
“Ons onderhandel ook tans met Rare Earth Mining oor die moontlikheid van ’n myn wat buite die dorp ontwikkel sal word.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!