Kiessaak: 'Berg het muis gebaar'
Ofskoon die hooggeregshof se bevinding uit verskeie oorde geloof is, loop dit ook onder kritiek deur.
Denver Kisting
Die Grondwetkenner prof. Nico Horn het gister gesê die hooggeregshof se uitspraak in die verkiesingsaak het, teen alle verwagtinge in, weinig opgelewer.
Dít kom nadat die eertydse onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, 'n gedeeltelike oorwinning in die land se hoogste hof behaal het: Sou elektroniese stemtoestelle (EVM's) voortaan in 'n verkiesing gebruik word, moet dit met 'n naspeurbare papierspoor gepaardgaan, maar Namibiërs hoef nie weer te stem nie.
“Die berg het 'n muis gebaar,” het Horn gistermiddag in reaksie op die 48 bladsy lange uitspraak uit Kaapstad, Suid-Afrika, gesê.
Oor hoe die hof tot sy slotsom gekom het, sê hy voorts: “Die hof se argument was min of meer as volg: Soos die aansoekers (Itula en kie) geargumenteer het, kan art.97 nie gedeeltelik geïmplementeer word nie. Dus: Die aansoekers is basies reg. Sonder die papierspoor is dit onmoontlik om art. 97 (1) en (2) te implementeer. Boonop het die minister ook nie die bevoegdheid gehad om die wet sonder subartikels 3 en 4 in werking te stel nie.”
Die eerste gedeelte van dié artikel in die kieswet beveel die gebruik van EVM's aan, terwyl die tweede gedeelte verband hou met 'n naspeurbare papierspoor.
Die hooggeregshof het gister gelas die destydse minister van stedelike en landelike ontwikkeling het onregmatig en ongrondwetlik opgetree deur dié artikel net gedeeltelik in werking te stel.
Dié bevinding het egter nie die volbank regters, onder leiding van hoofregter Peter Shivute, genoop om die presidensiële verkiesing van verlede jaar nietig te verklaar en 'n herverkiesing te las nie.
“Maar dis toe nie die einde van die storie nie. Die hof wil nie die November-verkiesing nietig verklaar nie. Dit sal ook ander verkiesings in die gedrang bring,” het Horn gesê.
Hy sê niemand kan steeds bevestig die uitslae van die verkiesing, waaruit pres. Hage Geingob as oorwinnaar uit die stryd getree het, weerspieël die wil van Namibiërs nie.
“Hoe weet ons dit? Dus, die uitslag van die presidentsverkiesing van November 2019 staan al kan dit nie geverifieer word nie. Soos die Beatles gesing het: 'Too many questions, not enough answers'.”
'Ongerymdhede nie bewys'
Mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), meen: “Ek dink Itula se kamp se versuim om duidelike bewyse voor te lê van sistemiese ongerymdhede tydens die verkiesing was noodlottig vir hul saak. So, terwyl hulle sleutel- grondwetlike kwessies rondom die gebruik van EVM's gewen het, het hulle nie daarin geslaag om die verkiesing nietig verklaar te kry nie.”
Die uitvoerende direkteur in die kantoor van Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Austin Samupwa, het gistermiddag gesê: “Die uitspraak is regverdig en gebalanseerd.”
Hy sê die regerende party berus by die hof se uitspraak.
“Ons sien uit na vyf beter jare wat Namibiërs aan Swapo gegee het om ons land te regeer.”
Itula steeds moedig
Itula het, hoewel hy by sy volgelinge gepleit het om die hof se uitspraak te aanvaar, gistermiddag by navraag gesê: “Dit is nog nie verby nie! Ek het die 'wenner' gelukgewens onder omstandighede om vrede en bestendigheid te handhaaf.”
Volgens hom sal hy vandag 'n nuusvrystelling oor die weg vorentoe uitreik.
Onmiddellik ná die uitspraak het Itula in die hofgebou aan die media gesê dit is nog nie die laaste sien van hom nie. Hy het egter vir Geingob as die land se amptelike president gelukgewens.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie