Kim dreig hy kan 'ander koers' inslaan
Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, het in sy Nuwejaarsboodskap gesê hy is gereed om pres. Donald Trump van Amerika weer te ontmoet, maar sal 'n ander koers inslaan indien Amerika voortgaan met die sanksies teen hom.
Kim het gesê hy “staan vas” oor kernontwapening, maar Amerika moet soortgelyke diplomatieke toegewings doen.
Sy land kan dalk net gedwing word om 'n nuwe roete te ondersoek om sy soewereiniteit te beskerm indien Amerika “eensydig iets aan ons probeer opdwing en as sy standpunt oor sanksies en politieke druk onveranderd bly”, het hy op televisie gesê.
Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het nie teen druktyd op sy stellings gereageer nie.
Suid-Korea het wel gesê Kim se woorde maak dit duidelik dat hy steeds bereid is om bande met hom en Amerika te versterk.
Kim en Trump het ná hul geskiedkundige eerste ontmoeting verlede jaar in Singapoer gesê hulle het ooreengekom oor ontwapening en om saam te werk vir “blywende en stabiele vrede”.
Nie veel het egter sedertdien gebeur nie.
AANLEGTE STEEDS AKTIEF
Noord-Korea het wel van sy toetsterreine gesluit en het nie verlede jaar enige kernbom- of missieltoetse gedoen nie.
Satellietfoto's het egter gewys dat van sy ander kernwapenaanlegte steeds aktief bedryf word.
Amerikaanse regeringsamptenare meen die aftakeling van die toetsterreine kan maklik omgekeer word en dat Kim nog nie bewys het hy is ernstig oor volle ontwapening nie. Voordat hy dit doen, kan sanksies nie laat vaar word nie.
Amerika het op sy beurt afgesien van groot militêre oefeninge saam met Suid-Korea, maar kleiner maneuvers het wel verlede jaar plaasgevind. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie