Kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman aangestel
Kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman aangestel

Kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman aangestel

Me. Ingrid Husselmann is effektief vanaf 1 November 2018 as die adjunkhoof in die kantoor van die ombudsman aangestel.

As adjunkhoof sal Husselmann toesig hou oor die operasionele bestuur van die afdeling: menseregte en regsdienste en die afdeling lei, lui ’n verklaring van die kantoor van die ombudsman.

Sy sal ook as die kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman soos beoog in die Wet op Kindersorg en Beskerming 2015 (Wet No. 3 van 2015) dien en alle funksies wat aan die kinderadvokaat in genoemde wet toegewys is, behartig.

In haar hoedanigheid as hoof van die afdeling menseregte en regsdienste, sal Husselmann toesig hou oor ondersoeke met betrekking tot kinders en advies aan die ombudsman en ondersoekpersoneel gee en menseregteprojekte bestuur.

Die span wat deur Husselmann in die menseregte- en regsdienste-afdeling gelei word, bestaan uit twee regsbeamptes en een maatskaplike werker. Hulle sal nou saam met belanghebbendes uit verskeie sektore werk om kwessies rakende Namibiese kinders te takel.

Husselmann is ’n erkende regspraktisyn van die Namibiese hooggeregshof met meer as 15 jaar ondervinding. Sy was ook die adjunk-aanklaer-generaal in die kantoor van die prokureur-generaal.

Die pos van kinderadvokaat was sedert Junie 2016 vakant.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!