Kinderadvokaat steun heropening van skole
Navorsing deur Unesco het gewys die sluiting van skole het hoë maatskaplike en ekonomiese koste vir mense in alle gemeenskappe.
Die Kinderadvokaat vir Namibië, me. Ingrid Husselman, en die kantoor van die ombudsman ondersteun die opening vandag (Maandag) van die land se skole en die uiteindelike terugkeer van die Namibiese kind na die skoolbanke.
Volgens ’n verklaring deur die kantoor van die ombudsman is die land ten spyte van die verspreiding van Covid-19 na al 14 streke van die land, in ’n beter posisie om die virus te verstaan en te bestry.
Die verklaring verwys na mediese navorsing wat wys dat kinders biologies Covid-19 beter hanteer as volwassenes, minder geneig is om besmet of siek te raak of aan die siekte te sterf, matige simptome het en moontlik ook minder aansteeklik as volwassenes is.
“Navorsing deur Unesco het gewys die sluiting van skole het hoë maatskaplike en ekonomiese koste vir mense in alle gemeenskappe,” lui die verklaring.
Dit sê ook geweld kom wyd in die Namibiese konteks voor. Volgens Unicef se situasie-analise van kinders in Namibië van 2018 loop kinders van alle ouderdomme die grootste gevaar vir geweld binne die huishouding.
“Die beskerming van ons kinders is van uiterste belang en alle moontlikhede vir skade moet oorweeg word. Dit is net so belangrik dat ons instellings vir onderrig ook beskerm word, iets wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur geweldige toewyding gewys het om te bereik.”
Die verklaring beklemtoon onderrig is belangrik vir kinders omdat “hulle die toekoms van die wêreld is”.
Die kinderadvokaat is van mening enige krisis bied aan kinders die geleentheid om hulle te help om te leer, empatie te kweek en hul veerkragtigheid te verhoog, dit terwyl hulle ’n veiliger en gemeenskap van omgee bou.
“Inligting en feite oor Covid-19 sal help om leerlinge, onderwysers, ouers en gemeenskappe se vrese en angs te besweer en hul vaardighede ondersteun om enige sekondêre impak op hul lewens te hanteer.”
Die verklaring sê onderrig kan leerlinge in staat stel om woordvoerders vir die voorkoming en beheer van infeksie tuis, in die skool en in hul gemeenskappe te word deur met ander te praat oor hoe om die verspreiding van virusse te voorkom.
“Deur werksaamhede by skole veilig te hou of skole weer te heropen, vereis baie oorwegings, maar word dit goed gedoen, kan dit openbare gesondheid bevorder.”
Die verklaring beklemtoon voorsorgmaatreëls om die moontlike verspreiding van Covid-19 in skole te voorkom, is belangrik.
“Ons is egter vol vertroue dat ons skole op datum is hiermee en dat dit in plek is om kinders te beskerm.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie