Kinders jaag in muur vas, driejarige beseer
Misdaadredaksie – Twee ambulanse moes Vrydagnag omstreeks middernag vier beseerde kinders na die Katutura-staatshospitaal vervoer nadat 'n 17-jarige wat nie oor 'n rybewys beskik nie, teen 'n hoë spoed die grensmuur en traliehek van 'n huis in Diazstraat, Suiderhof, getref het.
Drie tieners tussen 14 en 16 jaar oud asook 'n driejarige seuntjie is beseer in die ongeluk wat omstreeks 23:30 plaasgevind het.
Volgens inligting op die WhatsApp-groep van Namibia Marshall Rangers het 'n kinderoppasser in wie se sorg die kinders glo gelaat is, by die toneel aangekom. Sy het die beseerdes na die hospitaal vergesel. Die seun wat na bewering die voertuig bestuur het, se ma was glo op besoek aan die Noorde.
Die huis waar die kinders tuis was, is baie naby aan waar die ongeluk plaasgevind het. Dit is nie bekend wat die verwantskap tussen die kinders is nie.
Teen druktyd het die polisie se skakelafdeling nog nie gereageer op 'n navraag oor of klagte teen die bestuurder van die voertuig ingedien is nie. Die ongeluk het ook nie in die polisie se misdaadverslag vir die naweek ter sprake gekom nie.
– [email protected]
FOTO
Die toneel van die ongeluk waarin vier kinders Vrydagaand lank ná die aandklokreël begin het, beseer is. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie