Kinders leer op u2019n prettige manier
Kinders leer op u2019n prettige manier

Kinders leer op ’n prettige manier

Tanja Bause
Tanja Bause

Die Namibian Dolphin Project (NDP) bied vanjaar weer die geleentheid aan kinders tussen die ouderdom van ses en vyftien om oor klimaatsverandering, seediere en die oseane te leer.

Chelsea Kovalcsik, die veldopleidingsbeampte van die NDP, sê kinders kan onder meer van walvisse en dolfyne leer, hoekom robbe in rommel verstrengel raak, hoe dolfyne met mekaar kommunikeer en hoekom walvisse gestrand raak.

“Die program is nie net vir kinders wat dalk een dag ’n mariene bioloog wil word nie, maar ook vir kinders wat in oseane en seediere belangstel. Hulle neem ook aan prettige aktiwiteite deel terwyl hulle iets leer,” het sy gesê.

“Die NDP se gekwalifiseerde span van mariene bioloë is gereed om hul kennis te deel en jou kind se vrae te beantwoord.”

Die program word in die oggende vanaf 10:00 tot 11:00 en in die namiddae vanaf 14:00 tot 15:00 op 7, 9, 11, 14, 16, 18, 21 en 24 Desember aangebied.

“Die kinders sal in ouderdomsgroepe van ses tot 11 en 12 tot 15 ingedeel word om ’n groter ervaring vir die kinders te bied.”

Belangstellendes wat hul kinders wil inskryf, kan by [email protected] of op WhatsApp by 081 687 6461 registreer.

“Dit kos N$50 en ouers moet asseblief aandui hoe oud hul kind(ers) is en of hulle die oggend- of middagsessie verkies. Hulle is welkom om ons te kontak as hulle nog enige vrae het.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!