Kinders steeds padslagoffers

Die Namibiese Padongelukkefonds se jongste statistieke toon 'n styging in beserings onder kinders op paaie.
Yandi Du Plessis
Mariselle Stofberg



In 'n onlangse verslag wat deur die Namibiese Padongelukkefonds (MVAF) uitgereik is, is statistiek oor sterftes en beserings onder kinders op die land se paaie bekend gemaak.

Die statistieke toon 'n toename in beserings onder kinders, met die getalle wat van 198 in 2020 tot ongeveer 244 in die eerste agt maande van 2021 gestyg het.

Die verslag fokus op kinders tussen die ouderdomme van vyf en 17, met 24 kinders in hierdie ouderdomsgroep wat tot dusver in 2021 hul lewens op paaie verloor het.

“Verskeie faktore kon tot hierdie toename bygedra het, maar die MVAF is van mening die verlengde ­skoolvakansies (tydens die pandemie) het ook in 'n mate daartoe bygedra.

“Tydens vakansies is die meeste kinders by die huis, of besig om in die strate te speel, wat beslis die moontlikheid verhoog dat kinders wat slagoffers van ­motorongelukke is – hetsy as passasiers of ­voetgangers,” het me. Surihe ­Gaomas-Guchu, die MVAF se hoof van korporatiewe aangeleenthede, gesê.

“Padveiligheid is iets wat kinders prakties moet leer, en dit is juis hier waar ouers 'n groot rol speel. Kinders is ook meer geneig om hul ouers of voogde se gedrag na te boots, wat weer eens beklemtoon hoe belangrik dit vir ouers en voogde is om die regte voorbeeld te stel,” het sy gesê.

Gaomas-Guchu het gesê met aangesig-tot-aangesig-onderrig wat weer by skole hervat het, beteken dit padveiligheid moet weer eens 'n prioriteit vir ouers, voogde en skole wees.

“Kinders is ongelooflik kwesbaar en ons moet 'n omgewing skep waar hulle veilig is, floreer en net gelukkig kan wees.”

Die MVAF en sy padveiligheidsvennote is reeds besig met volgehoue ingrypingstrategieë om padveiligheid onder kinders te verseker. Hulle skep onder meer bewustheid oor die veiligheid van voetgangers, en stuur skoolpatrollie-inisiatiewe en veldtogte teen hoë spoed onder motoriste van stapel.

Gaomas-Guchu moedig diegene aan wat kinders by skole op- en aflaai om die nodige padveiligheidsmaatreëls na te kom en het 'n beroep op motoriste gedoen om geduldig en paraat te wees vir die beweging van skoolkinders.

“Ek doen 'n beroep op 'n ieder en 'n elk om kinders se veiligheid op die paaie hul hoogste prioriteit te maak. Nie net in skole nie, maar in die gemeenskap en elke huishouding.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!