Kipchoge, Dalilah is IAAF se topatlete

Atletiek
Kenia se marathonlegende Eliud Kipchoge en die Amerikaanse hekkiesloper Dalilah Muhammad is as die IAAF se Atlete van die Jaar aangewys. Wêreldatletiek se beheerliggaam het Saterdag in Monaco die toekennings gemaak.

Kipchoge het die jawoord gekry ná sy verstommende vertoning in Wene in Oktober, waar hy die marathon in minder as twee uur afgelê het.

Die Keniaan het die eindstreep met die hulp van 'n peloton pasaangeërs in 1:59:40 oorgesteek.

Dis 'n nieamptelike rekord omdat hy van mede-atlete se hulp gebruik gemaak het, maar hy is steeds die eerste langasem in die geskiedenis wat dié magiese mylpaal bereik.

“Ek is baie tevrede om die eerste atleet te wees wat 42.2 km in minder as twee uur aflê,” het Kipchoge by die toekenningsaand gesê. Hy hou wel die amptelike wêreldrekord oor dié afstand in 'n tyd van 2:01:39.

Muhammad is vereer nadat sy in Oktober haar eie wêreldrekord in die 400 hekkies by die Wêreldbyeenkoms in Doha tot 52.16 verbeter het.

“Wat 'n ongelooflike jaar,” het die oorstelpte 29-jarige naelloper Saterdag gesê. “Dis was taai, maar alles het perfek uitgewerk. Ek sou nooit kon droom dat ek dié toekenning sou ontvang nie. Dis 'n groot eer.”

Sy mik om haar Olimpiese kroon in 2020 in Tokio te verdedig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!