Kloof tussen ryk en arm
Hafeni en Saara is twee Namibiese tieners. Hulle nasionaliteit en ouderdomme stem ooreen, maar hul leefwyse verskil radikaal.
Hafeni woon ’n private skool in Windhoek by, sy pa is die uitvoerende hoof van ’n groot maatskappy, sy ouers besit ’n 4-slaapkamer huis in ’n rykmansbuurt en hulle besit twee luukse motors.
Saara se ma is ’n huiswerker op Walvisbaai. Sy is ’n enkelouer wat na vier kinders asook een van haar kleinkinders omsien, huur ’n kamer in Kuisebmond en leef van die hand na die tand.
Hafeni en Saara se uiteenlopende sosiale werklikhede vergestalt die ekonomiese ongelykheid in Namibië.
Pres. Hage Geingob het met die aanvang van sy termyn oorlog verklaar teen armoede en die lot van die Saara’s in die samelewing, en sy Harambee-welvaartplan is die bloudruk daarvoor.
Om stukrag te gee aan beleidsdenke hiervoor, het die wêreldberoemde ekonoom, Nobelprys-wenner en ongelykheidskenner, prof. Joseph Stiglitz, Namibië vandeesweek op uitnodiging van die regering besoek.
Hy het onder meer met beleidsmakers oor die kwessie van ekonomiese groei en die uitwissing van ongelykhede gesels, en riglyne gegee vir hoe groei en vooruitgang gemeet moet word.
“Geen ander mens in die wêreld het meer indringende werk oor ongelykheid gedoen nie,” het dr. John Steytler, ekonomiese raadgewer van die president, Woensdagmiddag gesê.
Hy het Stiglitz voorgestel toe hy ’n lesing by die Universiteit van Namibië (Unam) aangebied het oor ekonomiese transformering en die uitdagings vir Namibië.
Inklusiewe groei
Volgens Stiglitz is ekonomiese groei onvolhoubaar as dit nie inklusief is en ongelykhede verminder nie.
“Gelykheid en groei moet mekaar komplementeer. Daarsonder kan ’n land nie ’n gesonde ekonomie en demokrasie in stand hou nie.”
Hy sê selfs die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) erken nou die bevordering van gelykheid.
“Die konsentrasie van markkragte, en hoe dit aangewend word, het kritiek geword,” het hy gesê oor die belangrikheid van “ekonomiese verhuring”, of “economic rent” op Engels.
Dié term verwys na die positiewe verskil tussen die werklike betaling wat aan ’n eienaar gemaak word vir ’n produksiefaktor (soos grond, arbeid of kapitaal), en die vlak van betaling wat deur die eienaar verwag word in terme van die eksklusiwiteit of skaarste van dié faktor.
Hy het met verwysing na die voortgesette afname in globale ekonomiese groei (waarin China sentraal staan) en dalende kommoditeitspryse gesê die meeste lande kon nie die kragte wat tot groter ongelykheid in die samelewing lei, teenwerk nie.
Namibië het volgens hom die afgelope dekade nie sleg gevaar nie en wel geslaag om die gaping tussen rykes en armes effens te verklein.
In teenstelling hiermee faal die Amerikaanse ekonomie in dié doel, al het die VSA se Bruto Binnelandse Produk (BBP) gestyg. Hy sê die gewone Amerikaanse werknemer is in reële terme baie slegter daaraan toe as in die verlede.
Volgens Stiglitz word breër ekonomiese prestasiemeting toenemend belangrik.
“Om groei net aan die BBP te meet, is nie genoeg nie. Dit alleen is nie ’n goeie refleksie van die samelewing en ongelykheid nie.
“Geen enkel syfer kan iets so kompleks soos die voorspoed in ’n samelewing weerspieël nie. Daarvoor het ons ’n hele paneelbord van aanwysers nodig,” sê hy.
Natuurlike hulpbronne
Stiglitz sê in lande waar die ekonomie sterk op natuurlike hulpbronne soos minerale steun (soos in Namibië), moet winste herbelê word om groei te bewerkstellig.
“Ons moet die rykdom uit natuurlike hulpbronne so bestuur dat die land in sy geheel daaruit voordeel trek,” sê hy.
“Die sleutelrede waarom baie hulpbron-gebaseerde ekonomieë misluk, is omdat hulle nie gediversifiseer het toe kommoditeitspryse hoog was nie.”
Oor die vernuwing in ontwikkelingsdenke oor die afgelope jare, sê hy daar word deesdae veel breër doelwitte gestel.Hy het daarop gewys dat die ekonomie nie getransformeer kan word sonder beleggings nie. Hoewel die regering daardie beleggings moet mobiliseer, moet regerings en die private sektor saamwerk om die transformasie te bewerkstellig.
Beleide ten opsigte van industrialisasie is van die groot ontwikkelingsdryfvere. Hy sê 35 jaar gelede het industrialisasiebeleide feitlik nie bestaan nie. “Deesdae sê selfs die Wêreldbank ons moet meer hierop fokus.”
Verder het hy ook verwys na die belangrike rol wat ontwikkelingsbanke vervul – nie net plaaslik nie, maar ook in streeks- of geopolitieke en -ekonomiese verband soos die Brics-lande se Nuwe Ontwikkelingsbank en die Asiese Ontwikkelingsbank.
Hy het ook die onlosmaaklike verband tussen politiek en ekonomie benadruk. “Die regering moet ’n sleutelfunksie in die ekonomie hê, maar moet in dié verband op die gebruik van markte fokus.
“Die voordele van ekonomiese groei syfer nie outomatiese van bo na onder deur en word met almal gedeel nie. Ongelykheid is nie net die gevolg van ekonomiese kragte nie; dit is ’n bewuste keuse. Dit is die gevolg van gebrekkige beleid,” sê Stiglitz.
Wat Namibië betref, is die grootste uitdagings om die ekonomie te diversifiseer, inklusiwiteit te bewerkstellig, werk te maak van die gevolge van klimaatsverandering en meer werksgeleenthede te skep, meen hy.
KASSIE
VSA alles behalwe maanskyn en rosegeur
Die Amerikaanse ekonomie het ná die finansiële krisis in 2008 nog nie weer herstel nie.
Stiglitz skryf dit daaraan toe dat die VSA nie daarin kon slaag om ekonomiese ongelykheid te verminder nie.
Hy sê die mediaan-inkomste van Amerikaners is nou laer as 25 jaar gelede.
“Die reeële vergoeding van die laer besoldigdes is nou op dieselfde vlak as wat dit 60 jaar gelede was,” sê hy.
Die afgelope drie dekades het die huishoudelike welvaart van die top-1% van die bevolking toegeneem van 7% tot ’n ongelooflike 22% van die nasionale inkomste.
Daarteenoor het die onderste 99% van die bevolking se inkomste sedert 1980 met 15% gedaal. Boonop verdien die uitvoerende hoofde van groot maatskappye nou 300 keer meer as die gemiddelde werknemer teenoor die 40 keer meer van vier dekades gelede, het hy in ’n onderhoud aan Business Insider gesê.
In sy onlangse boek The Great Divide: Unequal Societies and What We Can Do About Them, verduidelik hy die rede hiervoor as volg: “If a business borrows to buy a machine, it’s a good thing, not a bad thing. During the past six years, America – its government, its families, the country as a whole – has been borrowing to sustain its consumption. Meanwhile, investment in fixed assets – the plants and equipment that help increase our wealth – has been declining”.
KASSIE
Wie is Joseph Stiglitz?
Joseph Eugene Stiglitz (73) is ’n Amerikaanse ekonoom en professor aan die Columbia Universiteit in New York.
Hy het in 2001 die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe ontvang en is in 1979 met die John Bates Clark-medalje bekroon.
Stiglitz is ’n voormalige senior-visepresident en hoofekonoom van die Wêreldbank en ’n voormalige lid en voorsitter van die Amerikaanse president se raad van ekonomiese raadgewers.
Hy is bekend vir sy kritiese beskouing van die bestuur van globalisering, laissez-faire ekonome (wat hy “vryemark fundamentaliste noem) en sommige internasionale instellings soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank.
Verder is hy onder meer oor die voorsitter van die internasionale Kommissie vir die Berekening van Ekonomiese Prestasie en Sosiale Welvaart wat in 2010 die verslag “Mismeasuring our Lives: Why GDP doesn’t add up” uitgereik het.
Stiglitz was ook president van die Internasionale Ekonomiese Vereniging (IEA). Hy het meer as 40 eregrade ontvang, onder andere van die Harvard, Oxford en Cambridge Universiteite.
Gemeet aan akademiese verwysings, word hy is die 3de mees invloedryke ekonoom in die wêreld beskou en is in 2011 deur Time as een van die 100 mees invloedryke mense ter wêreld aangewys.
Hy is ook die skrywer van verskeie toonaangewende boeke oor ekonomiese ongelykheid.
Bron: www.wikipedia.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie