Klubgimnaste toer na Switserland
'n Klein spannetjie van Windhoek Ritmiese Klub het vandeesweek die reis aangepak om die naweek aan die Zürich-beker gimnastiekbyeenkoms in Switserland deel te neem. Die internasionale klubkompetisie word ook deur klubspanne van Egipte en Israel bygewoon, afgesien van 'n string sterk Europese lande soos Rusland, Serwië, Oekraïne, Duitsland, Frankryk en Bulgarye. Trudy Snyman (links) sal as beoordelaar en spanbestuurder optree en is ook mede-afrigter saam met Zlatka Todorova (afwesig). Die vier gimnaste in ouderdomme van tien tot 15 jaar sal almal in hul vier sterkste ritmiese items meeding (bal, knuppel, hoepel en vry dans) en nie die tou óf lint nie. Die viertal is klokgewys Hilde-Marie Olivier (agter), Kayla Fortuin, Uno Kaurimuje en Peya Kashaka. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie