Knap ons dorp op
FONTEINER SKRYF:
Ek wil graag 'n vraag stel aan Grootfontein se munisipaliteit.
Eerstens wil ek dankie sê vir die straatverkopers wat nie meer die middelman en sypaadjies vol sit nie. By OK Grocer is dit wel nog 'n groot probleem.
My vraag is wanneer gaan ons strate reggemaak word? Dit is so vol gate dat dit mense met sedanmotors se motors beskadig. Dit beskadig ook die bande.
Die straat by PSWN se gate is so groot dat mens bome daarin kan plant, so ook op die hoek van die NG kerk. Grondstrate soos Anderson, Hindorf, Queen Elizabeth, Roger en vele meer is so sleg dat mens nie weet hoe en waar om te ry nie.
Vuilgoedhope in Queen Elizabeth-straat is al so groot dat dit in die straat lê. Die drein of wat ook al by die president se huis veroorsaak al maande dat die straat vol onhigiëniese vrot water lê. Beeste, bokke, skape en donkies verniel die inwoners se tuine en loop die hele vlak vol in Queen Elizabeth-straat.
Die hobbels by PSWN is ook nie geverf nie, en as jy op 'n sekere tyd van die dag daar ry, sien jy dit nie en mense wat nie daarvan weet nie se motors word beskadig.
En dan nog een laaste dingetjie tot kommer is die sypaadjies wat 'n gevaar is vir voetgangers, soos voor Pep Stores. Die hele sypaadjie van die hoek by Linekela, Ilala, Weder Kauta, Shalom Training Centre, Mendacom tot bo by Mini Magic.
En die gate by Spar se parkeerarea.
Grootfontein-munisipaliteit, help asseblief die inwoners en kyk na ons dorp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie