Koch skrum Leinster pap in Sarries-sege
Rugby
Die Springbok-stut Vincent Koch het ’n monstervertoning in die skrums gelewer, terwyl die Suid-Afrikaanse flank Michael Rhodes ook skitterspel opgedis het in Saracens se oorwinning met 25-17 teen Leinster Saterdagaand in die kwarteindronde van die Europese Kampioenebeker-reeks.
Leinster het verbete probeer terugveg nadat Sarries in die eerste helfte met 22-3 voorgeloop het, maar die Engelse span het vasgebyt om ’n halfeindstryd-ontmoeting met Racing 92 te bespreek.
Racing 92 het sy kwarteindstryd Saterdagaand teen Clermont met 36-27 gewen.
In die eerste kwarteindstryd het Koch geskitter en amper die volle wedstryd lank (79 minute) gespeel. Hy het ’n verstommende 15 duikslae uitgevoer en saam met Jamie George en Maku Vunipola die skrums oorheers.
Die senter en kaptein Brad Barritt was ook op sy stukke en het 16 duikslae uitgevoer.
“Hierdie span is deur harde werk opgebou. Die Saracens-gees het die deurslag gegee,” het Barritt aan BT Sport gesê.
“Met of sonder die bal, het ons die kontaksituasies gewen. Die vooruitsig van nog ’n week saam is die grootste ding. Ons veg vir iets aanvoelbaar.”
Racing, met die Suid-Afrikaans gebore voorspelers Antonie Claassen (agtsteman) en Bernard le Roux (slot) in sy geledere, kon klaarspeel met Clermont, selfs al het hy minder gebiedsvoordeel en balbesit gehad.
Racing was teen rustyd reeds met 24-8 voor.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie