Koebaai, Zuma
Koebaai, Zuma

Koebaai, Zuma

Ronelle Rademeyer
Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC het laasnag ná 'n marathon-vergadering besluit om Suid-Afrika se president Jacob Zuma te herroep, berig Eyewitness News.
Die NUK het sy vergadering in Irene by Pretoria om 14:00 gister afgeskop en tot in die vroeë ure vanoggend (Dinsdag) vergader. Die vergadering volg op dae van onderhandelinge tussen die ANC-president, mnr. Cyril Ramaphosa, en Zuma.
Die speaker, mnr. Baleka Mbete, het verlede week aangekondig dat Zuma se staatsrede wat Donderdag sou plaasvind, onbepaald uitgestel is.
Volgens Eyewitness News het Ramaphosa en Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Zuma gister besoek en gesê die NUK wil hê hy moet bedank. Indien hy dit nie doen nie, sal hy as president van die land herroep word. Sy antwoord was dat die NUK "moet doen wat hulle wil doen".
Die NUK het toe vergader tot daar besluit is om hom te herroep.
Die ANC sal nou artikel 12.2.21.2 van sy grondwet in werking stel wat oor die herroeping van 'n president handel.
Foto: Netwerk24



Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!